Forum 2.0

Padlangs Muurpapier 2

#4 KAROO-NAG (Jun 2013)

Die winter het mos ook 'n wonderlike bekoring, nie waar nie?  Hierdie prent van 'n koue Karoo-nag (die onderste deel lyk redelik gedesaturate en die boonste deel blou gekleur) het my laat dink aan 'n (deel van 'n) gedig wat ek vir Maryke geskryf het op haar 40ste verjaarsdag (nie te lank gelede nie, natuurlik... )  Ek wou weer 'n mooi winter-skermskut (=wallpaper) maak vir Padlangs en het toe die onderstaande saamgestel.  

#5 HEERLIKE HERFS (Mrt 2014)

Ek het op hierdie pragtige, kleurvolle herfsfoto afgekom, net bekend as Autumn Road (geneem deur Negative0 op 21 Jan 2012), en dit aangepas.  Ek sit twee aanhalings by wat oor die PAD gaan (jy't seker agtergekom ons werk meestal met 'n pad - PADLANGS, hallo?):  die bekende Spr 3:6 en die een van Thomas Merton waarvoor ek ook so lief is.  Dit sê ons hoef nie te weet wat elke bestemming van die lewe is nie, maar ons hoef wel te weet dat ons agter Jesus aanstap.  Dis mos wat geloof is - om te vertrou dat Hy ons sal bring waar ons moet wees.  Dis weer in twee formate: die gewone is vir die meeste standaard-skerms van lessenaar-rekenaars (1280x1024), en die breër een is vir skootrekenaars, of die breë skerms wat sommige grand ouens nou het (1366x768).  Dit waarborg nog nie dat dit jou spesifieke skerm gaan pas nie, maar dit behoort al beter te help...  hoop een werk vir jou.  Kliek een van die twee weergawes hieronder aangeheg (attachments) - die "standaard" een vertoon hieronder:

Hier is die twee groottes:

Standaard:  kliek hier

Breed:  kliek hier

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.