Forum 2.0

Padlangs Nuus Augustus 2013

 
 
Hallo weereens Padlangs-vriend!
Al weer sulke tyd en 'n kort, kort briefie uit 'n koue, nat en winderige Kaap... en dis natuurlik in sulke weer dat ons aan ons dak moet laat werk!  Daar is nogal 'n paar dingetjies wat ek wou deel:
 
Padlangs in Engeland
Ons deel mos hierdie jaar van Padlangs-lesers oor die wêreld heen en sê hierdie maand dankie aan René Bloomfield wat uit London 'n mooi bydrae maak - ek ken haar mos sedert sy nog klein was.  Toe die avontuurlus haar pak is sy Engeland toe, waar sy toe sommer vir haar ‘n Ingelsman aangekeer het.  Ek het vir haar en Iain vroeër vanjaar getrou - groot makietie daar by Gansbaai - die hele diens in Engels gedoen!  Kliek hier om te lees wat sy skryf.  Onthou, jy kan ook jou kind oorsee ook aan Padlangs bekendstel!  Nog iets: kry jy Padlangs in die buiteland – dalk Nieu Zeeland/Australië of die Verre Ooste?  Amerika, Arabië?  Laat gerus weet - ek soek nog so een of twee vir ons projek!  Net so 'n paragraaf of wat en twee of drie fotos - dankie!
 
Seënboeke
CUM-uitgewers (dankie!) het weer vir ons gratis boeke geskenk wat ons kan uitdeel in ons
Seënboek-projek.
  Die gedagte is dat mense wat dit nodig het dit gratis kry en na hulle dit gelees het, dit weer aangee.  Die boeke moet die hele tyd beweeg.  Die huidige boek is 88 Kwelvrae wat gelowiges pla (lees gerus hier wat ek daaroor skryf).  Kyk gerus op ons Facebook-blad waar ons
hierdie projek (tans een keer per maand) loods.
 
Vrae en Antwoorde
Ek het die laaste maand weer heelwat vrae beantwoord en het drie op ons webruimte geplaas:
1. Evolusie bly 'n moeilike saak - Christene glo soms dis sommer iets wat uitgedink is, sonder basis, maar evolusie is harde wetenskap vandag en die enigste wetenskap wat die Biologie, Genetika, Geologie, ens. ken en in skole en universiteite leer.  Hoe om daarop te reageer?  N.a.v. 'n boek wat ek gelees het, het ek (weer) iets hieroor geskryf.  Kliek gerus hier
2. Iemand het gevra of ons genesing dan nie ook in Jesus se kruisdood opgesluit is nie, n.a.v.  Jes
53:4 (kliek hier) en iemand anders of Jesus dan nie ryk was nie - soos sommige mense leer (kliek hier).
 
Ten slotte NOG drie goed!
1. Ons vlagskip-kursus die jaar (Geestelike Lewe) behandel tans
interessante goed soos tekens, wonders, drome, tale en profesie.  Jy kan enige tyd ook hiervoor inskryf: kliek hier vir die inligting.
2. Debietorder aanbod - dit help ons baie as ons debietorders kan ontvang (soos jy seker sal verstaan) en ons aanbod is dat elkeen wat 'n debietorder ten gunste van Padlangs Bediening teken (nuwe of bestaande lede) die eerste maand se kursus verniet kryKliek hier vir die info.
3. Het jy al ons pragtige winterskermskut afgelaai – die blou Karoo-een?  Kliek
hier
daarvoor.
 
Daar's hy!  BAIE DANKIE vir die voorreg om jou te mag bedien met die Woord, vriend, asook vir elke briefie, gebed en ondersteuning.  Ons prys die Here vir jou en bid jou sy seën toe!  Geniet die
winter!
 
Jimi en Maryke
 
Gebedsversoeke
  • Ons is in 'n tyd van meer bid vir ons bediening, en bid dus ook meer vir ander. Jy is welkom om te laat weet waarvoor ons vir jou kan bid.  Bid ook vir ons! 
  • Dank die Here vir ons voortgaande bediening en die voorreg om die Woord elektronies te bring aan mense oor die wêreld, maar bid asb. ook vir oop deure en nuwe geleenthede.

 

#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to:
#[USER_EMAIL]#
Unsubscribe | Subscribe | Forward to a Friend

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –