Forum 2.0

Padlangs Nuus Augustus 2016


outydse woorde #8: gindse - "daardie". Vroeër jare het Hallelujah-liedere hierdie woord gebruik, bv. "Jesus, hou my by die kruis" (Hall 81), in die vierde vers: By die kruis neem ek my stand, wagtend met vertroue, tot geloof aan gindse strand, oorgaan in aanskoue. Hall 445 ("Waarheen pelgrims, waarheen gaan u") praat ook van die "gindse sale" en die "gindse land". Dit herinner my aan die kerk van my jeug.  Daardie mense was lief vir die Here, hoor!
 
Koud of warm?
Dit is Augustus en dis 'n anderster een.  Vroeër jare was Augustus 'n bitterlike koue maand,
maar hier by ons (in die Kaap) is dit tot op hede maar heel matig.
 Ons loop maar met 'n trui, maar hoef nie die verwarmer aan te sit nie.  Mense, ons moet almal inspring oor hierdie
klimaat-kwessie.
Die atmosfeer om die aarde is so dik soos die skil om 'n appel - en ons moenie met hom lol nie! Ek wil net die volgende nuus deel, met jou toestemming:
  
Kort jou lewe rigting? KIES dan...
Ek werk tans ons life coaching heeltemal oor - dis meer, dis beter en mooier, kyk maar self!  Ek is mos 'n gekwalifiseerde lewensafrigter, soos jy seker weet, en het life coaching vir die internet aangepas. Jy volg dit weekliks deur inligting en oefeninge, en jy kan dit ook instuur na my toe en ons bespreek dit dan kortliks.  Dit bevat nou die volgende modules:
1) Ons basiese lewensbegelei-ding oor wie jy is en waarheen jy gaan
2) 'Wellness' is vandag 'n belangrike term en gaan oor gesondheid na liggaam en siel, verhoudings en grense,
kommunikasie, jou omgewing, ens.
3) Geestelike begeleiding gaan daaroor om jou as individu dieper te neem met die Here
4) "Tweede helfte"-coaching is vir die oor-vyftigs en word ook nou belangrik - die latere jare gaan mos nie net oor brille en pille nie, maar oor die besliste keuse tot sinvolheid en vervulling.  Ek werk nog hieraan, en sal ook op Facebook lesers se raad hieroor wil inwin. As jy aangetrokke voel tot die billikste coaching in die land (moenie my kollegas sê nie, maar dis a.g.v. die gestruktureerde benadering), kliek gerus hier om meer oor hierdie opwindende program te lees: http://jimileroux.com/forum/topics/kies-lewensbegeleiding. 
 
Dan nog dit...
Dan nog net die volgende kleiner sake:
1) Luister, het jy al hierdie sappige storie gehoor... Ek het weer 'n antwoord op 'n geestelike vraag op ons webruimte gesit, en dit gaan oor SKINDER. Wat doen jy as ons almal so lekker skinder - dis mos inderdaad lekker! As jy dit wil lees, kliek hier: http://jimileroux.com/forum/topics/antwoord-op-skinder
2) Iemand het voorgestel dat ons Padlangs op WhatsApp uitstuur. Dit klink inderdaad na 'n plan, maar dit sal my dag nog vaster maak - wat dink jy, sal dit werk, sou jy self belangstel? Laat asseblief weet!
 
Dis genoeg vir nou - ek bid dat die Here jou naby sal wees en ryklik sal seën.  Dankie dat ons die
geestelike pad saam mag stap!
 Kom ons seën mekaar en bid vir mekaar.
 
Beste wense!
 
Jimi en Maryke
 
Bid asseblief saam met ons:
  • Bid asb. vir ons behoeftes en ons bediening.  Prys die Here vir die voorreg om saam met soveel mense die geestelike pad te mag deel, en bid ook asseblief vir ons behoeftes, op elke vlak.  Baie, baie dankie!
  • Ons bid ook graag vir jou.  Laat weet gerus!



You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –