Forum 2.0

Padlangs Nuus Desember 2012

 

Padlangs Nuus Colour Header

Kennisgewing: Padlangs sluit!
Ja, Padlangs sluit vandag vir die jaar - elke jaar se lank-in-die-tand grappie...  Ons het hierdie jaar
regdeur die Woord beweeg, in ons dagstukkies en ook in ons kursus DEUR DIE WOORD.  Voor ek deel oor wat ons volgende jaar gaan doen, wil ek net eers 'n groot DANKIE sê vir JOU, wat ons oordenkings gelees het, en vir elkeen wat tot ons bediening bygedra het deur 'n briefie te skryf, vir 'n kursus in te skryf of andersins.  Ons kyk weereens terug op 'n jaar van God se goedheid en sorg.  Dit was die derde jaar waarin ons op hierdie sonderlinge geloofs-journey is van voltydse bediening met Padlangs.  Die jaar het besondere hoogtepunte en laagtepunte gehad, maar deur dit alles het die genade van die Here ons gedra.  Ons voel diep dankbaar.  Nogmaals baie dankie dat ons jou kon bedien met God se Woord. Daar is soveel leraars en leringe daarbuite - dit is inderdaad 'n voorreg, wat ons baie ernstig opneem.
Padlangs hervat op Maandag, 14 Januarie 2013.
 
Jou kersgeskenk
Jy verdien 'n kersgeskenk en hier is dit:  Ek het die hele jaar se dagstukkies (Genesis tot Openbaring) in een PDF-dokument byeengebring en jy kan dit hier aflaai.  Padlangs Oordenkings is nuttig vir persoonlike stiltetyd (veral op i-Pad/tablet of slimfoon), maar dit word ook dikwels gebruik om vergaderings, byeenkomste of die werksdag mee te open, of in die kleingroep of geestelike kamp.  Ek hoop dit beteken vir jou iets - en jammer die geskenk is nie 'n i-Pad nie...
 
Volgende jaar
Die dagstukkies wat ons volgende jaar gaan doen, is PADLANGS MET WYSHEID, waarmee ons deur die Wysheidsboeke van die Bybel gaan werk.  In die eerste helfte van die jaar gaan ons uit die Ou Testament werk (Job, Spreuke,  Prediker) en in die tweede helfte van die jaar veral uit die Nuwe Testament (Jakobus, Paulus en Jesus). Tussen-in sal ons ook kort artikels daaroor publiseer.  Dagstukkies sal egter kort en kragtig en hopelik
baie prakties en toepasbaar wees, want wysheid is iets wat ons help om die gewone lewe te leef
.  Ek sien al vreeslik hierna uit - wil
   sommer die dagstukkies so 'n bietjie anders benader.  Die kursus wat
   ons volgende jaar gaan doen is "Geestelike Lewe".  Dit volg op Geestelike Vorming, maar het alles te doen met die ontwikkeling van 'n dieper geestelike lewe en die belewing van God op elke manierKliek hier om meer daaroor te lees en die eerste dele af te laai.  Ek beskou dit as 'n meer "gevorderde" kursus en het eers gedink dit sal net vir diegene moet wees wat reeds Geestelike Vorming gedoen het, maar agterna maar besluit om dit vir almal oop te stel.  Hopelik sal ek ook 'n kursus maak in die jaar wat gaan oor die algemene struikelblokke waarmee ons deel – woede, vrees, jaloesie, hebsug,  wellus, ens. – 'n soort van "Sewe doodsondes" en dan telkens daarop  ingaan.  Sal laat weet!
 
Geseënde Kersfees!
Hier in die laaste week het ons 'n groot belangstelling gehad oor Kersfees (ook op Facebook), maar ek is - soos jy weet  - vir die vier van 'n Christusgevulde Kersfees.  Natuurlik is dit vir niemand verpligtend nie - dit is 'n kerklike gebruik, nie die  evangelie nie.Nogtans wens ek jou 'n Geesvervulde tyd en 'n besondere geleentheid vir rus  en viering.
 
Jimi en Maryke
 
Gebedsversoeke
  • Prys die Here vir 'n jaar van bediening.  Dank die  Here saam met ons vir bedieningsgenade en voorsiening deur die op en af van nog 'n lewensjaar.  Seën saam met ons elke Padlangs leser, vriend, vennoot, bidder en ondersteuner.
  • Dank die Here vir die positiewe uitslae van ons kinders se eksamen (wag nog vir 'n kritieke  een...)
  • Bid saam met ons vir elkeen oor die feestyd: vir bewaring,  rus en herstel; vir die Here se nabyheid - ook dat ons oor die rustyd ten volle sal kan herstel om die nuwe jaar op volle sterkte aan te pak.

 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –