Forum 2.0

Padlangs Nuus Desember 2016


Outydse woorde #12: rampsalig - ongelukkig, ellendig, droewig. Die woord is byvoorbeeld in die kategismus gebruik om te verwys na die lot van die verlorenes. Vir ons gevoel baklei die twee elemente van die woord met mekaar: is dit nou 'n ramp, of is dit nou salig? In hierdie sin beteken "salig" egter "oorvloedig", soos in "armsalig". Ai - foeitog!
 
Wat 'n jaar! Nogtans is ons gespaar, en gespaar met 'n rede, natuurlik. Wat is daardie rede, DIT is die vraag! Vind die antwoord en leef meer intensioneel - en veel vryer ook, want jy sal kan fokus op dit wat belangrik is. Dink maar daaroor, maar intussen die volgende belangrike notas, reg hier aan die einde van die jaar:
 
Ons oordenkings sluit Dinsdag
Ons oordenkings SLUIT volgende Dinsdag, 20 Desember. Ons breek mos altyd oor die vakansietyd, sodat ons ook kan asemhaal en inhaal! Ons HERVAT weer op 11 Januarie 2017.
 
Kursusse: eindig en begin
Ons hoofkursus, NAAM BO ALLE NAME, het ook nou geeïndig. Die laaste deel - 'n Indeks met die 346 name van God wat ons bespreek het, is gister afgestuur. Onthou jy kan hierdie baie gewilde kursus volgende jaar ook doen! Kliek vir die info hier. Diegene wat van ons ander kursusse doen het ekstra dele gekry vir oor die vakansie. Ons skop volgende jaar af, op 17 Januarie, met ons splinternuwe kursus, GROENgeestelik, wat gaan oor Christene se houding teenoor die aarde.  Vriend, 2016 was die warmste jaar in die geskiedenis - weereens!  Die droogte hierdie jaar in Suid-Afrika is die ergste in die geskiedenis. Ons MOET nou wakker skrik en besef iets is verkeerd. Dit gaan nie sommer weer wees soos in die verlede nie - en dit is 'n feit. As Christene moet ons dus vir mekaar vra wat gebeur, hoekom dit gebeur, wat ons moet doen, ens. Dis ongemaklike vrae, hoor! Skryf solank in as jy 'n gelowige, leesbare en praktiese blik op die saak wil hê.  Meeste van ons vennote kry dit vanself. Meer info oor GROENgeestelik is hier
Nuwe boek!
Dan ons beste nuus: ons nuwe boek, "In die Lig van sy Genade" is vroeg volgende jaar beskikbaar by alle CUM Boekwinkels. Ons reeks oor Jesaja se beloftes is in 'n
PRAGTIGE boek opgeneem.
Dis 'n "belofteboek", maar ook 'n gewone Bybelse dagboek, en verleen ook die kans om in 'n jaar deur die groot profeet Jesaja te werk. Doen dit volgende jaar! Pre-order by CUM se aanlynwinkel hier. Dit is OOK IN ENGELS beskikbaar (In the Light of his Glory) - 'n ideale geskenk!
 
Nou ja, dis tyd om te groet, ons admin af te handel, die ligte af te sit en die kantoordeur toe te trek. Voor dit gebeur wil ons egter net vir elke PADLANGS-vriend en -vennoot DANKIE sê vir die saamstap hierdie jaar en vir al die briefies, gebede en ondersteuning wat ons ontvang het. Dis vir ons SO 'n voorreg om voltyds met hierdie bediening besig te wees en te ervaar hoe die Here jaar na jaar onderneem. Ons is SO dankbaar!
 
Mag die feestyd en rustyd wat voorlê gevul wees met die vreugde en vrede van die Here. Baie seën!
 
Jimi en Maryke
 
Bid asseblief saam met ons:
  • Bid vir ons land: vir goeie leierskap, vir ekonomiese groei, vir 'n geestelike herlewing - vir reën! God is groter as die weerstelsels. 
  • Bid vir 'n kersgety waarin Christus gesoek en gevind sal word.
  • Bid vir ons bediening en vir die vele deure waaraan ons klop. Die Here het mos gesê: Klop, en vir jou sal oopgemaak word...
  • Bid ook vir ons persoonlik - ons het maar die gewone behoeftes!
#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to: #[USER_EMAIL]#



You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –