Forum 2.0

Padlangs Nuus Januarie 2013

 
Hallo Padlangs-vriend!
 
Almal is al weer aan die gang - die nuwejaar skoon vergete!  Ook ons dagstukkies is al 'n week aan die gang, hierdie jaar oor die tema van Bybelse wysheid, soos jy nou al weet, onthou as jy meer wil lees oor wat ons met PADLANGS MET WYSHEID wil doen, kliek hier.  Ek vertrou dat dit weereens 'n geseënde jaar van dieper gaan sal wees...
 
Nuwe kursus: Geestelike Lewe!
Ons nuwe kursus vir die jaar begin op 30 Jan.  Dit is 'n vervolg op ons basiese kursus "Geestelike Vorming" en ons noem dit "Geestelike Lewe".  Dit gaan oor die leef van die gewone lewe op 'n geestelike manier, oor Bybelse spiritualiteit.  Ek het eers gedink ons moet die inskrywings beperk tot diegene wat reeds Geestelike Vorming (of 'n ander basiese kursus) gedoen het, omdat ek dit as meer
gevorderd beskou, maar het tog maar besluit om dit oop te maak vir almal.  Ek dink dit sal vir jou nogal verras en dan verseker dieper neem met kennis en toepassing van 'n lewe met God.
Kyk gerus na wat ons beoog deur hier te kliek.  Jy kan daar ook die eerste dele deurkyk of aflaai.  Let op dat as jy 'n bestaande bydrae maak aan Padlangs jy hierdie kursus outomaties sal ontvang, tensy jy self vir iets anders by ons inskryf.
 
Onthou, ons het ook heelwat ander interessante, geestelike kursusse wat jy kan volg.  Honderde mense het al ons kursusse gevolg - dalk is dit hierdie jaar die jaar om in jou geestelike lewe te
belê?
  Vir al die inligting oor ons kursusse
kliek hier.
 
Honde-coaching
Ek wou weer my bydrae tot die diere bekend maak en het my kort Facebook-reeksie oor honde nou in een dokument saamgevat.  Jy kan dit hier aflaaiGedink jy ken jou hond? Daar’s nog baie te leer!  Vir my is veral belangrik wat honde ons oor onsself en ons verhouding met God kan leer – daar is so baie!
 
Debietorder + geskenk
Jy sal sekerlik verstaan dat ons bediening (en ons) finansieel moet kan voortbestaan, en daarom is ons so dankbaar vir elke bydrae wat ons ontvang.  Duidelik maak 'n debietorder dit makliker vir ons (en vir jou) en hierdie jaar gee ons 'n smaakvolle swart Padlangs-muismatjie  weg vir elkeen wat 'n debiteorder teken, of jy 'n bestaande bydraer is of ook nie.  Onthou, 'n debietorder kan te enige tyd weer gestaak word.  Laat gerus vir ons weet.  Baie dankie.
 
Hiermee dan weereens 'n groot dankie en wonderlike wense vir elkeen in die Here!  ‘n Paar gebedsversoeke vir ons bediening volg hieronder.  Baie seën!
 
Jimi en Maryke
 
Gebedsversoeke
  • Prys die Here saam met ons vir sy guns en seën om in hierdie bediening te kan wees.  Dis so ‘n voorreg om vir Hom te mag werk…
  • Bid saam met ons hierdie jaar vir ons uitdagings - met twee ouens wat studeer sal hierdie jaar menslik gesproke dalk ons moeilikste wees, maar ons weet die Here is getrou, soos Hy nog altyd was.  Bid asb. ook vir my (Jimi se) gesondheid: vir genesing (rugpyn), die Here se leiding en dat dit nie te veel met die bedieningswerk sal inmeng nie.  Baie
    dankie!
#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to:
#[USER_EMAIL]#
Unsubscribe | Subscribe | Forward to a Friend
powered by

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.