Forum 2.0

Padlangs Nuus Mei 2013

 

 
Hallo Padlangs-vriend!
Verbeel ek my, of is dit nog nie so koud nie?  Immers, ons het nog nie die verwarmers uitgehaal nie…
die warm sjokolade en die lang janne nog net by geleentheid nader moes trek? Ons kla nie, hoor!  Dis koel hier, maak geen fout nie, maar nog nie bibberend vriesend nie, maar dalk is dit daar by jou anders gesteld.  Ons nuus kortliks (altyd) soos volg:
 
Welkom, nuwe vriende
Ons het die laaste tyd weer groei gehad op ons inskrywings en heet elke nuwe Padlangs-vriend
welkom
.  Ek vertrou dat jy waarde sal put uit die saamstap en bedank jou vir die voorreg om iets oor die Here te mag inspreek op jou lewenspad!  Ons beskou dit inderdaad as 'n voorreg... Onthou dat dit 'n dialoog is, en jy kan enige tyd "reply" en saam gesels, jou hart deel of 'n  gebedsversoek rig.  Padlangs is ons voltydse bediening - dis wat ons doen! Ek wil veral beklemtoon dat dit soms gebeur dat ons pos blokkeer word - ten spyte van ons beste pogings - veral na gmail-adresse, en as dit gebeur dat jy ewe skielik nie meer jou dagstukkie kry nie, laat asb. vir ons weet.  Ons probeer 'n ander plan maak!
  
 
Padlangs in Nederland
Ons gaan voort om te deel oor Padlangs-lesers oor die wêreld heen en deel hierdie keer die bydrae van Auke en Marjan Sietsman, ons vriende uit Holland.  Auke het my jare gelede laat weet dat hy ook Padlangs lees en ons het deur die jare goeie vriende geword.  Hulle het selfs al by ons kom kuier in Suid-Afrika en by die Padlangs toer (2008) in Jerusalem kom aansluit uit Holland uit - amazing!  Auke-hulle is lief vir die Here en sy gesindheid en woorde het deur die jare vir my baie al beteken.  Lees gerus wat hy skryf in maklik verstaanbare Nederlandskliek hier.
 
Onstuitbaar
Cum-boeke het vir my ‘n boek geskenk en opgevolg met 'n briefie.  Die boek is
Onstuitbaar, van Nick Vujicic, die man wat sonder arms en bene gebore is
.
Dis 'n fassinerende en baie inspirerende verhaal. Dink jou in om sonder enige arms en bene "normaal" te leef, maar dis niks - Nick het 'n wêreldwye bediening waarin hy mense inspireer om hul tekortkominge te oorkom.  Dalk het jy al die videos op YouTube gesien. Ek het  'n opsomming van die boek geskryf en besluit om my kopie te skenk.  Wonderlike inspirasie  vir enige-een wat met 'n struikelblok worstel.  Kliek
hier om meer daaroor te lees.
 
Beste wense vir almal – mag jy hierdie winter die nabyheid van die Here beleef!
 
Jimi en Maryke
 
Gebedsversoeke
  • Ons prys die Here dat Hy aan al ons  behoeftes voldoen in hierdie jaar, waarin ons besondere uitdagings
    het.  Ons ervaar regtig seën en voorsiening.
  • Ons prys die Here ook vir groei in ons bediening –
    ons ervaar toename op verskeie terreine.
  • Ons bid dat ons dagstukkies en kursusse steeds mense se harte sal bereik en groei sal aanhelp en dat die Here
    Jesus geëer sal word in alles wat ons doen.
 
#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to:
#[USER_EMAIL]#
Unsubscribe | Subscribe | Forward to a Friend

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.