Forum 2.0

Padlangs Nuus Oktober 2013

Hallo weereens, Padlangs-vriend!
 
Dit was my broer wat die raaisel vir my opgeklaar het.  Ek hoor hom sê (vir iemand anders):  in die res van die land kom die Lente op 1 September, maar hier in die Kaap kom dit eers op 1 Oktober, of later.  Aha!  Geen wonder dit het nou die dag nog gesneeu nie, maar nou is dit weer lekker warm.  Ek moet dit nou net onthou vir volgende jaar…
 
Meisies 10, Seuns 5
Ja, ek sien daar is presies 10 van my boekie vir meisies oor, en 5 vir seuns.  Dis geskryf om jongmense van so 11-14 in te lei in die blommetjies en die bytjies, jy weet - reguit hoor, met (net) die nodige en belangrike inligting (en waarskuwings!), alles op die vlak van jongmense, met hope humor en deernis en vanuit ‘n besliste Christelike perspektief.  Kliek hier as jy meer wil lees, of as jy die boek wil bestel vir ‘n kind, kleinkind, nefie (lyk my die seuns het meer voorligting nodig, want ons het ewe veel vir beide geslagte laat druk) of daardie twyfelagtige buurmeisie vir wie jou seun so loer.
 
Kuier in  Nieu-Zeeland
Saramariè Davel van Nieu-Zeeland skryf ‘n heerlike geselsbrief en  stuur ‘n klomp foto’s.  Ek was sommer weer vies oor hoe sommige mense kan lewe - het dit vir haar self gesê…  Lees gerus (kliek hier) en kyk ook sommer na daardie blou kas.  Ek het in Duitsland ook gesien jy gooi jou geld in ‘n glaskas, maak die deksel oop en vat vir jou een koerant van die hoop.  In Suid-Afrika sal die geld, al die koerante en die glaskas nie meer môre daar wees nie!  Dankie Saramariè!  As daar nog een of twee Padlangs-lede wat oorsee woon van hulle kan laat hoor, sal dit
uitstekend wees – dan maak ons schluss met hierdie projek.
 
Heelheid, verhoudings en berading
Ons het verskeie kursusse wat gaan oor heelheid, verhoudings en beraad.  As jy in die verband meer wil leer, kan jy gerus kyk na
  • Innerlike heling – hierin dek ons die effek wat sonde en seer op ons het, en hoe om daarmee te deel (vir jou eie heelwording of as basiese kursus in beraad).  Kliek hier vir info.
  • Die Lewe-program - lewensbegeleiding wat insluit my identiteit, my doelwitte, my verhoudings, 'n effektiewe lewe en 'n geestelike lewe.  Kliek hiervir info.
  • Huweliksreis – verryking vir die huwelik: die wesenlike van die huwelik, waarom ons so verskil en hoe om dit te hanteer.  Groot klem op kommunikasie. Kliek hier vir info.
  • Die Man-kursus – vir mans, maar ook vir vroue wat ‘n man wil verstaan. Alle aspekte van manwees, ook oor vroue en die huwelik, en dan manwees-vir-die-Here. Kliek hier vir info.
Die laaste tyd doen ek weer meer berading (persoonlike kwessies en huwelike) – kontak my gerus (Kaapstad-omgewing) as jy ‘n las dra, of jou hart wil uitpraat.
 
Ten slotte
Ek is reeds besig om aan volgende jaar se dagstukkies en kursusse te werk en is nogal opgewonde!  Ek sal dit later meer amptelik bekendmaak…  Dankie aan diegene wat behoeftes of voorstelle deurgestuur het, ek het alles aangeteken.  Dankie sommer vir elke briefie en vir elke Padlangs-vriend en –vennoot.
 
Mag die Here jou ryklik seën!
 
Jimi en Maryke
 
Gebedsversoeke
  • Prys die Here vir voortgaande voorsiening en sorg – elke maand leef ons weer uit sy hand en ons bly dankbaar en verstom dat ons steeds ons uitgawes kan dek en met ons bediening kan aangaan.  Alle eer aan die Here!
  • Bid asb. steeds vir ons behoeftes.  Ons groot behoeftes is geestelik: om self geestelik te groei, om die Here se stem te hoor, om sy leiding te beleef.  Dan het ons maar soos almal ook die “beestelike” behoeftes…

 

#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to:
#[USER_EMAIL]#
Unsubscribe | Subscribe | Forward to a Friend

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.