Forum 2.0

Padlangs Nuus Oktober 2016


outydse woorde #10: snode - gemene/agterbakse/boosaardige. In die ou gesangboek is gepraat van bv. "snode ondankbaarheid" en Psalm 36 het ons so gesing, voor die huidige Liedboek: "Hy vlei homself, in kwaad verstyf, dat God sy snode wanbedryf, vir altyd sal gedoë." Ons het die woord baie gehoor! Nee, jy sal nie onthou nie - jy's te jonk. Gedoë = gedoog (verdra) moet ook eintlik op die lys kom!
 
Hallo Padlangs vriend!
 
Hier is die nuus:
1) Die land is droog, hoor - die Kaap se reënseisoen is byna oor met 12% minder reën as 2015, wat reeds super droog en warm was, en ons het dringend saamgebid (laas week) dat die somerreën-streke goeie reën sal kry. Ons kan beslis nie meer so gereeld stort of bad, tuin natspuit, karre was ens. soos in die ou dae nie.
2) Die land word regeer deur mense wat oënskynlik onbekwaam en korrup is en nie weet en/of omgee hoe die ekonomie werk, wat die inkomste opwek waarvan almal moet leef nie. Om sulke mense uit te werk (stem, petisie, betoog, ens.) is maar net 'n daad van patriotisme.
3) Die gewone volk is steeds vasgeval in knellende armoede en wil en kan nie langer so leef nie.
 Die regering moet baie meer doen in die verband (en almal moet help), maar die ander kant is natuurlik dat die ekonomie eers BAIE moet groei - dis die groot ding. Wat kan ons doen? Ora et labora - bid en werk! Ons moet regtig bid. BID, BID, BID! Dan moet ons WERK: stem,
petisie en betoog is geldige maniere (aan die brand steek is nie) en dan moet elkeen van ons se lewe bydrae tot versoening en vooruitgang.  Elke glimlag, elke goeie daad, elke waar woord, elke rand maak 'n verskil! Elkeen van ons sal dit op sy eie manier doen. En tussendeur moet ons nog leef ook - voluit leef! Maar met minder water, né?
  
Daar is net enkele items:
1) Ons dagstukkie-reeks, LEEF MET 'N LIED, werk mos deur die Psalms. Ons is binnekort in die middel van die
psalmboek. Ek skryf ook vyf artikels wat agtergrond gee oor die psalms en die derde artikel is nou beskikbaar.
 Laai dit (of al drie - dis mos verniet) vir jou af en bêre dit by jou dagstukkies. Kliek hier...
2) Ons moes ons special terugtrek dat ons ons dagboek (Padlangs deur die Lewe) gratis stuur aan almal wat 'n debietorder ten gunste van ons bediening teken. Ek het nou weer twee boeke afgehaal wat teruggestuur is deur die poskantoor (dit gebeur met omtrent die helfte) - sogenaamd "onafgehaal", maar ons lede sê dikwels dat hulle nooit 'n strokie ontvang het nie. Maar dis nog niks: die poskantoor eis nou die volle posgeld terug van ons af ("repost tax") as hulle dit nie kon
aflewer nie. Ons moet dus twee keer posgeld betaal - kos ons byna R150 en dan het steeds niks gebeur nie - die boek is weer by ons! Ek kan nou glad nie meer die Poskantoor gebruik nie - sal 'n nuwe plan probeer uitwerk en laat weet.  As jy ver van 'n CUM bly en ons boek wil bestel (Krismis kom mos aan) laat weet egter, en ons sal ons beste plan maak.  Kliek hier...
3) Ons life coaching program, KIES, is nou eenvoudig pragtig oorgedoen (al moet ek dit self sê) en 'n hele klompie werk nou daardeur. Dit help jou om verantwoordelikheid te neem en doelgerig te werk aan jou lewe en toekoms. Jy kry baie tools en bring beduidende veranderinge aan. Die terugvoer is great, ek sal dit bietjie op die webruimte sit. Kyk gerus na KIES: kliek hier...
4) Het jy al ons laaste pers lente skermprent afgelaai? Dis mooi, hoor... Kliek hier vir 'n vinnige installasie. 
 
Nou ja, dis maar dit.  Baie, baie sterkte en baie seën!  Slegte dinge gebeur, maar om ons is ook die mooi. Laat ons dit raaksien.
 
Jimi en Maryke
 
Bid asseblief saam met ons:
  • Kom ons bid maar net vir ons land - gebed is so nodig!
  • Wat is jou gebedsversoek?
#[SENDER_COMPANY]#
#[SENDER_ADDRESS]#
This email was sent to: #[USER_EMAIL]#



You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –