Forum 2.0

Gideo Basson antwoord eenkeer op een van ons dagstukkies uit sy tent - op die dak van sy bakkie - by die Zambezi-rivier.  Hy sê die sonsopkoms is pragtig.  Toe ek terugskryf om te vra MAAR VERTEL, skryf hy hierdie briefie en sluit die meegaande jaloers-maak fotos in:

Ek reis vir ‘n lewe … soort van. Ek en ‘n vennoot het ‘n events management company en ons deel meestal met die motor-industrie. So uit die aard van die saak doen ons baie geleenthede daar buite - veral in Afrika. Dan is ek en my familie ook lief om die pad te vat of op ‘n straler te klim ... ‘n liefde wat my pa, wat ook Padlangs kry (dis hy wat my daaraan bekend gestel het), gekweek het. 2013 sluit ‘n paar opwindende dinge in: Tanzanië (Nogorogoro Krate en Seregeti), Morokko vir 10 dae en so vinnig in Egipte, ‘n draai by die Vic-valle en dalk ‘n duine-trip in Namibia. En die beste van die lot is elke oggend se Padlangs-boodskappie op my “smart phone”.  Ek sluit vir jou 'n stukkie in oor Desember wat verby is - met ‘n foto of 3 aangeheg om jaloers te word. 

Groete, Gideo.

 

Op die Zambezi 

Na groot afwagting en beplanning is ons vier manne die 6de Desember weg vir ‘n ekspedisie. Eers ‘n "kortpad" deur Botswana op pad na die Luiwa Vlaktes Nasionale Park in Wes Zambië voordat hulle die park sluit as die Zambezi oor sy walle vloei (gewoonlik tussen die 5de en 15de Des). Dan die “avontuur” van 8 dae en so 300km op die Zambezi tot naby die Vic Valle. 

Hulle sê mens was nie rêrig in Afrika as jou voertuig nie op ‘n pont (ferry) was nie. Tot op die laaste hand-pont in Kalabo  was daar 'n selfoonsein. Aan die begin van die Luiwa waar die 2de grootste migrasie van diere in Afrika plaas vind, was daar 'n sein. Selfs op die mees afgeleë deel van die Zambezi vloedvlakte,  tussen Katima Mulilo en Kazangulo (+/-70km), was daar sein. Meer as dit, daar was teen enige tyd meer as een netwerk om van te kies... soms al vier lande van die Caprivi-strook s’n gelyk!  Beter sein as in die Ooste van Pretoria...  Vir die wat nie onlangs (of ooit) in Zambië was nie… in elke liewe nedersetting kan jy lugtyd koop!  En so is "diep en donker Afrika" toe nou nie so donker nie….daar was darem elke dag die Lig  wat Padlangs bring!

In Africa the money sucks, but we get paid in sunrises and sunsets.

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.