Naam bo alle name


Naam bo alle name

Naam bo alle name

Hierdie kursus gaan oor God se name. In die Bybelse wêreld is 'n naam ook 'n beskrywing van die persoon. So sê God se Name wie Hy is. Ons werk in 7 maande deur die betekenis van al God se groot en bekendste Hebreeuse name en noem kortliks tientalle van die minder gebruiklike name, asook die pragtige en betekenisvolle kombinasiename, waarvan die Skrif so vol is. Ons gaan ook deur die name van Christus in die Nuwe Testament en die van die Heilige Gees. Telkens vra ons die vraag: Hoe aanbid ons 'n God wat SO genoem word? Ons kursus word versier met 'n botaniese tema en bevat ook mooi gebede en toepaslike gedigte. Die inhoud is oorsigtelik soos volg:

Inhoud

  • INLEIDING EN INHOUD (Deel #0) - Wat is in 'n naam?
  • VADER (Deel #1 - #9) - Elohim, Adonai, El Eljon, El Olam, El Shaddai, Jahwe Sewahot, Jahwe Jireh, Jahwe Shalom, en vele meer...
  • SEUN (Deel #10 - #20) - Yeshua (Jesus), Meshiach (Christus), Immanuel, Logos, Kurios, Soter en vele meer...
  • GEES (Deel #21 - #27) - Pneuma, Ruach, Parakletos en vele meer...
  • SLOT (Deel #28) - Jou naam in Hom!

Gaan dieper in jou verhouding met God: verstaan God beter, glo met meer insig, bid met meer geloof.

Laai hier die voorblad en die eerste deel af om te sien hoe hierdie kursus lyk:

NN#0 Voorblad.pdf

NN#1 Elohim.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.