'n Uitnodiging tot groei... 

Gaan dieper met 'n Padlangs Kursus!

Ons kleurvolle kursusse is prakties en relevant en vol geestelike diepte. Wil jy meer leer oor 'n verhouding met God? Oor gebed of die Woord? Benodig jy toerusting as berader of kleingroepleier? Wil jy jou lewe uitsorteer of jou huwelik aanspreek? Al daardie temas is hier - en meer! Besluit om in jou geestelike lewe te belê - gaan dieper en leef nader aan Hom!

Hoe werk ons kursusse?

Ons kursusse is ons bediening en ook ons bediening se inkomste. Dit behels 'n weeklikse studiestuk per e-pos aan diegene wat Padlangs Bediening maandeliks ondersteun (ons VENNOTE) met 'n bedrag van R150 of meer. Op die wyse ontvang ons nie net die finansies om ons bediening voort te sit nie, maar saai ons weer terug in die geestelike lewe van ons vennote. Beskou dit dus:

  • as 'n belegging in jou verhouding met God,
  • asook as jou sendingbydrae...

Die meeste van ons kursusse vereis geen huiswerk of terugvoer nie, behalwe as jy wil. Sommige kursusse het video-materiaal by en/of 'n aanlyn-klas (wat egter nie verpligtend is nie). Ons kursusse is geestelike groei-materiaal en is nie geakkrediteer vir sertifisering nie.

Hoe skryf ek in?

Kyk deur ons kursusse - volg die skakels op hierdie blad om volle inligting te lees, gratis dele af te laai en deur die kursusse te blaai. Kliek dan op die blou skakel direk hieronder, sodat ons jou besonderhede kan afneem.  As jy sukkel, skryf bloot vir ons 'n briefie. Ons sal jou vennootskap bevestig en jou onmiddelik op die kursuslys plaas.

Al die verdere inligting is hier:

Om al ons verskillende kursusse en programme deur te kyk - kliek hier

Vir ons rekeningbesonderhede en meer inligting - kliek hier

Vir die info oor hoe ons kursusse werk, kursusreëls, ens. - kliek hier

Vir 'n kort video waarin ek hierdie bediening verduidelik, kliek hier

Vir meer besonderhede oor ons Zoom-klasse, kliek hier


Of kontak ons gerus vir enige verdere vraag of versoek!

.