In Praktyk


In Praktyk

Genoeg teorie!

Ons is nou al deeglik deur die beginsels van volgelingskap, die geestelike lewe, die dieper lewe. Ons het al dikwels gedeel oor gebed, die Woord en ander geestelike dissiplines. Ja, ons is diep ingelei in wat ‘n geestelike lewe behels! Nou moet ons egter na die praktyk van ons Christenskap ook kyk. ‘n Verhouding met God word immers uitgeleef in die wêreld, in die alledaagse nege tot vyf – in die “gewone lewe”. Dáár moet die geestelike lewe grondvat – anders “werk” dit nog nie vir ons nie! Onthou:

Die geestelike lewe is die gewone lewe, wat ons geestelik leef.

Ons mag nie die geestelike lewe beperk tot Sondae, die kerk of die godsdiens nie. Dis glad nie die bedoeling nie! Waar die Here heers, heers Hy oor AL die aspekte van my lewe: ook oor my humeur, my verhoudings, my politiek en my beursie! Ons vraag is dus: HOE LEEF ‘N CHRISTEN PRAKTIES? Hoe hanteer ‘n Christen ‘n moeilike situasie by die werk, hoe ry ‘n Christen in die verkeer, wat doen ‘n Christen met ‘n bedelaar by ‘n verkeerslig, hoe spandeer ‘n Christen sy geld, hoe verkeer ‘n Christen sosiaal, hoe baklei ‘n Christen in die huwelik – hoe lyk Christene se sekslewe? Ja, DIS die vrae wat ons wil antwoord!

Om hierdie vrae te antwoord is IN PRAKTYK opgestel. Oor 45 weke kyk ons na die mees algemene en alledaagse temas en vra: hoe doen 'n Christen dít? Ja, ons LEEF ANDERS as die wêreld! Ons temas is die volgende:

  • ‘N CHRISTEN SE GEWONE LEWE (Eet en drink; In die verkeer; Weggooi en bewaar; Politiek en geregtigheid; Geniet en genot; Hanteer jou stres, Rassisme vandag, ens.)
  • ‘N CHRISTEN BY DIE WERK (Produktiwiteit en luiheid; Verhoudings en konflik; Eerlikheid en integriteit; Werk en huis: grense; Leierskap en mag, ens.)
  • ‘N CHRISTEN SE WOORDE (Feitelikheid en waarheid; Skinder en saamskinder; Beloftes maak skuld; Vloek en skel, ens.)
  • ‘N CHRISTEN SE SOSIALE LEWE (Drink en rook; Wêreldse gewoontes; Hanteer verslawings; Leer respek)
  • ‘N CHRISTEN SE GELDSAKE (Bedelaars en belange; Altyd die armes; Tiendes en offers; Spandering en spaar; Skuld en borgskap, ens.)
  • ‘N CHRISTEN SE VERHOUDINGS (Vind ‘n maat; Seks in die huwelik; Seks buite die huwelik; Leer kommunikeer; Konflik in jou verhoudings, Leef in Suid-Afrika, ens.)
  • ‘N CHRISTEN SE GEESTELIKE LEWE (In en uit die kerk; Hanteer versoekings; Konflik in die kerk, Stiltetyd en dissiplines, Laat die Gees jou lei, ens.)

Telkens kyk ons na wat die Bybel sê, na die beginsels betrokke en dan raak ons heeltemal prakties met wenke. IN PRAKTYK leer ons 'n LEWENSTYL wat God eer. 

Laai gerus hierdie voorbeeld gratis af, om die styl en inhoud te beskou:

In Praktyk Voorblad


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.