Leef Dieper


Leef Dieper

Leef Dieper

Ons leef vinniger en vlakker as ooit tevore, meegesleur deur werk en pligte—gejaagde lewens, oorvloei deur nuttelose inligting en slegte nuus op ons fone. Die ankers van ons kultuur en geloof het losgekom, en die solidariteit van ons gemeenskappe het vervaag. Sonder persoonlike diep bronne, waardes of doelwitte vloei ons eenvoudig met die massa saam, met die massa se oortuigings en die massa se doelwitte. Die gevolg is spanning, oppervlakkigheid en onvervuldheid. Ons moet stadiger leef, gesonder, dieper—meer geaard en meer doelgerig!

In hierdie kort, praktiese kursus kyk ons na agt maniere hoe ons as Christene ‘n dieper lewe kan kultiveer. Ons vertrekpunt is die “dieper lewe” waarvan die vroeëre Christene gepraat het—‘n lewe vanuit die Bron, ‘n verhouding met God—en hoe dit ons alledaagse lewens beïnvloed.

Inhoud

1. Diepteleef met ‘n besluit om die gejaag, geraas en gemaal te hanteer
2. Bronleef vanuit die binnekamer, en vanuit die stil sentrum van die siel
3. Woordleef vanuit die Woord: leer om God se Woord te lees, te hoor, te “eet”
4. Gebedleef met die krag van gebed, soos Jesus ons geleer het
5. Stilteleef vanuit die stilte, met kontemplasie en aandagtigheid
6. Pasleef stadiger, leef binne jou pas, jou kapasiteit, jou krag
7. Geesleef vanuit die leiding van die Heilige Gees
8. Diensleef in liefde, in diens, want dís die sin van die lewe


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

.