Geestelike Vorming


Geestelike Vorming

Geestelike Vorming is ons basiese kursus

Geestelike vorming is die werk wat God in ons doen, deur die Heilige Gees, om ons te verander tot die beeld van Jesus Christus. Ons geestelike groei is SY werk, ja, nie ons s'n nie, maar ons kan met Hom saamwerk - ons kan onsself gee vir sy doel.

Vir 40 weke beweeg Geestelike Vorming deur al die belangrikste temas van ons volgelingskap van Jesus. Ons begin met Jesus se uitnodiging aan ons om Hom te volg en leer dan weekliks by die Meester self (ons gebruik veral die evangelies) oor wat Hy van ons verwag. Ons stel onsself bloot aan Jesus se leer en lewe en laat ons deur geestelike oefeninge vorm en verander. Wat maak hierdie program anders as die tipiese dissipelskapskursus? Die volgende:

  • Ons benadering is omvattend. Ons bedoel daarmee dat ons geestelike groei nie los kan staan van ons persoonlike groei as mens nie. Geestelike groei sluit ook in wie ek is, wat my roeping is, hoe ek volwasse word, hoe ek in die wêreld moet leef. My geestelike lewe omspan immers my hele lewe! My geestelike lewe is my gewone lewe, wat ek geestelik leef. Dis één lewe.
  • Ons benadering is prakties, nie verstandelik nie. Informasie alleen lei nie tot transformasie nie. Jesus het nooit "klasse" aangebied nie. Hy het mense in 'n leefwyse ingenooi, saam met Hom. Daarom is die klem van ons kursus "oefeninge", praktyke wat jou in 'n geestelike lewe kan inlei.

As jy die kennis aanleer en die oefeninge doen, sal jy ervaar hoe jou lewe verdiep!

Elke kind van God moet die basiese van 'n verhouding met God in plek kry om geestelik sterk te kan word. Honderde mense het hierdie kursus al by ons gedoen. Sluit by hulle aan - word gevorm!

In 2021 en 2022 het ons deur Geestelike Vorming gewerk, as ons "SKOOL VIR DISSIPELS". Die notas is aangevul deur weeklikse videos en 'n aanlyn-klas. Hierdie SKOOL is nou gesluit, maar al die videos is beskikbaar by hierdie YouTube-kanaal. Follow gerus die kanaal om die videos weer te vind.

Laai hier die eerste dele van Geestelike Vorming af:

Inhoud - GV4 #0 Voorblad.pdf

Deel #1 - GV4 #1 Verhouding.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.