Die Gelykenisse van Jesus


Die Gelykenisse van Jesus

As Jesus iets oor die koninkryk wil verduidelik, vertel Hy liefs 'n gelykenis. In Jesus se gelykenisse lees ons Jesus se hart. Soos wat die karakters in sy gelykenisse optree, so tree God op, so voel Jesus, so doen ons... die gelykenisse maak sy lering duidelik en dodelik prakties.

Vir 24 weke sal ons ELKEEN van Jesus se gelykenisse deurwerk. Ons sal dit lees in een of meer vertalings, dit verduidelik in die lig van die Bybelse tyd en dan toepassings maak. Daaruit sal ons sien wat die hooftemas van Jesus se lering is, die gedagtes waaroor Jesus passievol is! Gaan saam met ons op hierdie opwindende reis en leer Jesus ken op 'n heeltemal nuwe manier. Word weer lief vir die Een wat die wêreld andersom bekyk - van Bo af - en dit onderstebo keer!

Ideaal om Jesus te verstaan, en ook vir gebruik in die kleingroep.

Laai hieronder die eerste dele gratis af:

JG#0 - Voorblad en Inhoud

JG#1 - Wat is 'n gelykenis


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.