Kleingroep-dinamiek


Kleingroep-dinamiek

Kleingroepe is opwindend - dit is kerk-in-aksie!

Soms het ons egter 'n behoefte aan toerusting. Wat is die doel van ons groep, hoe kan ons ons doelwitte bereik? Wat is die gevare om te vermy? Hoe hanteer ons netelige kwessies? Kleingroep-DINAMIEK is ons kursus vir kleingroepleiers. Ons bied dit aan oor 12 weke en dek al die aspekte van kleingroep-bediening. Ons benadering is interdenomineel, maar baie resent: ons gebruik die jongste benaderings tot kleingroepbediening, soos dit in van die grootste gemeentes in Suid-Afrika beoefen word. Ons inhoud is soos volg:

  • Kleingroepe as bediening
  • Die behoefte aan gemeenskap
  • Die kriteria van kleingroepe
  • Die kenmerke van kleingroepe
  • Die byeenkomste van die kleingroep
  • Die program van die kleingroep (1)
  • Die program van die kleingroep (2)
  • Die kleingroepleier (1)
  • Die kleingroepleier (2)
  • Geestelike vorming in die kleingroep
  • Missionele verhoudings
  • Pertinente punte en probleme

Hierdie kursus is GRATIS, maar daar's 'n "maar"...

Kleingroep-DINAMIEK is GRATIS in die sin dat ons dit kosteloos sal insluit aan kleingroepleiers wat ook 'n ander kursus by ons bestel - teen die gewone bydrae. Laat ons weet dat jy 'n kleingroepleier is en jy kan weekliks twee kursusse ontvang! Ons kleurvolle kursusse is relevant en prakties, maar ook geestelik diep - ideaal vir die kleingroep! Kliek gerus op die skakel hieronder om na al ons kursusse te kyk. Lees ook meer oor ons reëls vir die gebruik van ons kursusse in kleingroepe: kliek hier.

Laai die eerste dele hier af:

KG0 - Voorblad

KG1 - Bediening


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.