KIES Program


KIES Program

Het jou lewe nou rigting nodig?

Ek is 'n gekwalifiseerde life coach (of "lewensafrigter") en het die beginsels van life coaching, 'n kragtige begeleidingstegniek, in 'n gestruktureerde program omgesit. Die doel was om dit vir die internet en vir self-coaching toeganklik te maak. Lewensafrigting of lewensbegeleiding is ‘n doelgerigte metode om jou lewe voller en ryker te leef en om na nuwe doelwitte toe te groei. Ons bestaande begeleidingsprogram is heeltemal oorgedoen en KIES behels nou die volgende:

Skryf in vir ons basiese program (KIES 1) oor 16 weke, waarin ons bespreek wie jy is, waarheen jy op pad is en hoe jy nuwe doelwitte gaan bereik. Leer jouself ken en bring veranderinge aan in jou lewe!

Doen daarna een (of almal) van ons daaropvolgende programme, elk ook van 16 weke:

  • (KIES 2) 'wellness', wat te doen het met gesondheid en ekwilibrium: stres, slaap, dieet, oefening, grense, kommunikasie, verhoudings, emosies, ens. Leef gesond!
  • (KIES 3) geestelike begeleiding, wat te doen het met 'n dieper verhouding met God: ons vertrek met jou spesifieke persoonlikheid se geestelike lewe, en kyk dan na geestelike dissiplines, oorgawe, sakramente, ens. Leef dieper!
  • (KIES 4) 'die tweede helfte', wat te doen het met aftrede en daarna: hoe ons in die latere jare verander en hoe ons die sinvolste lewe ooit kan leef in daardie tyd. Kliek hier vir inligting oor hierdie deel, wat ook apart as 'n kursus aangebied word.

Hoe werk dit? Ontvang weekliks ons coaching notas per e-pos. Elke kursusdeel kom met oefeninge en/of vraelyste, waarop jy kan toepas wat jy geleer het. Jy kan vir KIES inskryf op een van die volgende opsies:

  1. jy kan net die materiaal ontvang en self daardeur werk (die ONBEGELEIDE OPSIE - R200 p.m.) of
  2. jy kan die oefeninge instuur en ons sal dit per e-pos bespreek (die BEGELEIDE OPSIE - R300) So skep ons 'n coaching-verhouding. Ons onderneming bly steeds dat jy slegs hoef in te stuur wat jy wil en dat ek net nasien en bespreek wat ingestuur word. Dit bly jou keuse. Die inhoud is in alle geval dit wat in alle life coaching behandel word.
  3. jy kan ook die begeleide opsie doen met 'n weeklikse AANLYN GESPREK. Dit dra baie meer inligting oor en voeg baie waarde toe! Kontak ons vir hierdie moontlikheid.

Aanlyn-coaching word tans deur ander geadverteer vir R600 per enkele 45 min. sessie. Die voordeel van KIES lewensbegeleiding is egter:

bereikbaarheid – lewensafrigting kom na jou toe – nie almal is waar ‘n afrigter is, of het die weeklikse tyd vir coaching sessies nie;

bekostigbaarheid – seker die billikste lewensbegeleiding beskikbaar, maar dit word moontlik gemaak deur die gestandaardiseerde benadering;

beskikbaarheid – jy het inderdaad ‘n lewensafrigter en hy is net aan die ander kant van jou rekenaar.

Dus: professionele lewensbegeleiding, maar op jou terme.

M Grobler skryf oor KIES soos volg:

Ek voel dankbaar en wonder was dit regtig vier maande? Hierdie was nie ‘n eenmalige tydsverdryf nie, maar ‘n versameling van self-inligting en rigtingwysers vir die reis vorentoe as verwysing. Ek sien dit in my verbeelding as bronne om my soos ‘n digitale biblioteek wat altyd beskikbaar is en ‘n padkaart en ‘n kompas in my sak waarna ek net kan uitreik. Baie dankie hiervoor. Dit was goed vir my.

Thea de K skryf oor KIES soos volg:

My persoonlike gevoel is dat Kies #1 een van die waardevolste reise van my lewe in ‘n baie lang tyd was. Dit het my op soveel maniere gehelp om verby my eie insecurities te kyk na wie ek werklik is, wil wees en wat vir my belangrik is en ook hoekom. Baie dankie dat jy saam my deur hierdie selfontdekkings reis gegaan het - dat jy geluister het, ondersteun het en waar nodig, leiding gegee het. Dankie vir jou geduld en altyd altyd vriendelikheid. Dit het vir my vreeslik baie beteken.

Laai die eerste dele van die KIES-program hier af:

K0#1 - Oorsig en Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.