Die Tweede Helfte


Die Tweede Helfte

"Die Tweede Helfte" is die vierde module van ons coaching program, KIES

In hierdie kursus coach ons jou deur die "tweede helfte" van die lewe. Is jy in jou middeljare, benader jy aftrede, reeds op pensioen? Is 'n geliefde of familie-lid in die tweede helfte? Benodig hulle dalk leiding, inligting of ondersteuning? Dan is hierdie kursus net reg vir jou! Soos met die eerste drie modules van KIES beweeg ons oor 16 weke deur die belangrikste temas. Ons bespreek wat om te verwag en hoe om dit te hanteer. Die temas is soos volg:

  • VERANDERINGS
    #1 Fisies / #2 Psigies / #3 Geestelik / #4 Oorgangstyd
  • VERHOUDINGS
    #5 Handel af / #6 Knoop aan / #7 Verinnig
  • HANTEER DIE LEWE
    #8 Vind jou storie / #9 Laat gaan / #10 Skep doelwitte / #11 Laat na
  • LEEF SINVOL
    #12 Vind jouself / #13 Vind wysheid / #14 Vind sin / #15 Vind vrede / #16 Vind God

Jy kan "Die Tweede Helfte" soos volg ontvang:

  • Teen R150 pm ontvang jy die weeklikse notas oor die spesifieke tema - gewoonlik 4-5 A4 studies.
  • Teen R200 pm ontvang jyook die huiswerk-gedeeltes, sodat jy dit kan toepas en jou eie portefeulje opbou. Dit is KIES se "onbegeleide opsie".
  • Teen R300 pm ontvang jy die volle coaching-ervaring: jy stuur die huiswerk terug, ek lewer daarop kommentaar en 'n coaching-verhouding kom tot stand. Dit is wat ons die "begeleide opsie" noem.

Kliek hier om meer te lees oor KIES se eerste drie modules en hoe ons dit aanbied. Meer as 'n honderd mense is al deur die KIES-program ge-coach. Daar is ook meer inligting oor my as lewensbegeleier.

Moenie net wag tot die toekoms aanbreek nie - wees gereed vir die toekoms, leef dit voluit, geniet dit!

Die latere seisoene in jou lewe kan jou bestes wees!


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reƫls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.