Leef Vrugbaar


Leef Vrugbaar

Ons vrug bewys dat God in ons werk!

Jesus sê dikwels dat bome vrug moet dra, en dat goeie bome goeie vrugte sal dra. Hy bedoel dat ONS vrug moet dra! Hy sê die loot moet in die wingerd bly sodat dit "veel vrug" kan dra. Vrugdra is ons doel! Paulus voeg by dat dit die Heilige Gees se vrug is wat ons moet dra, en hy noem 'n aantal voorbeelde. Wat is Gees-vrug egter presies, en hoe dra ons dit? Dit is wat ons bespreek in ons kursus, Leef Vrugbaar. In 24 kort, kragtige dele word die leser deur die Gees-vrug gelei wat die Bybel noem (en daar is meer as die nege van Gal. 5:22): ons leer (1) wat dit behels en (2) hoe hom dit prakties te leef. Ja, leer om vrugbaar te leef! Die inhoud is soos volg:

#1 Wat is Geesvrug? | #2 Hoe dra ek vrug? | #3 Selfbeheersing | #4 Sagmoedigheid | #5 Getrouheid | #6 Goedheid | #7 Vriendelikheid | #8 Geduld | #9 Vrede | #10 Blydskap | #11 Goeie werke |#12 Heiligmaking | #13 Geregtigheid | #14 Waarheid | #15 Lofprysing | #16 Deug | #17 Insig | #18 Volharding | #19 Betroubaarheid | #20 Godsvrug | #21 Broederliefde | #22 Geloof | #23 Hoop | #24 Liefde

Hierdie kursus is ook 'n ideale reeks vir die kleingroep.

Om te sien hoe die uitleg lyk, kan jy die voorblad hieronder aflaai.

LV#0 Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.