Dissiplines van die Meester


Dissiplines van die Meester

'Dissiplines' gaan oor meer gevorderde sake.

Gevorderd omdat dit dissipline behels. Ons wil geestelik wees, maar sonder dissiplines leef - wat egter onmoontlik is. Die lewe van 'n dissipel is om met die dissiplines van sy Meester te leef - dis wat dissipelskap is! Trouens, die hele lewe van 'n dissipel word daaraan gewy om só te leef soos die Meester geleef en só te doen soos die Meester gesê het. Dit klink dalk moeilik of onaantreklik, maar dit is juis baie bevrydend. Dissiplines maak ons vry van onsself en vry vir die Here! Dit lei ons in 'n ruimte in waarin Hy meer word, en ek minder. Geestelike dissiplines is die lewenstyl wat Jesus self geken het - asook elke groot man of vrou van God in die geskiedenis. Volg hulle voetspore!

Dissiplines van die Meester is ons ouer kursus "Geestelike Dissiplines", maar blad vir blad oorgewerk en verbeter en word vir die duur van 18 weke uitgestuur. Die temas is soos volg:

1) INLEIDING - Wat is Geestelike Dissiplines, wat is spiritualiteit, wat is liggaamlike dissiplines?
2) INNERLIKE DISSIPLINES - Ons kyk elke week na een van die volgende: Stilte, Gebed, Meditasie, Blydskap, Aanbidding;
3) UITERLIKE DISSIPLINES - Ons kyk elke week na een van die volgende: Afsondering, Eenvoud, die Woord, Vas, Studie;
4) GEMEENSKAPLIKE DISSIPLINES - Ons kyk na Gemeenskap, Onderwerping, Lyding, Diens;
5) SLOT - Ons kyk na die ritme van ons geestelike lewe - ons regula.

Die kursus behels Bybelstudies oor hierdie onderwerpe. Dit is sterk op groei gerig en help jou om 'n meer volwasse geestelike lewe te leef. Dit gee 'n kaart vir diegene wat na meer van die Here soek in hulle lewe. Is dit jy?

Laai die eerste dele hier af:

GDV - Voorblad

GD1 - Spiritualiteit


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.