Psalm-Terapie


Psalm-Terapie

Die Psalms is wonderlike, geestelike, genesende poësie. Almal wat die Psalms lees, selfs na 3000 jaar, kan daarmee identifiseer. Die Psalms neem ons deur al die emosies wat ‘n mens kan beleef—van lof tot lyding—maar doen dit in die konteks van gebed, van geloof. Die Psalms skep ruimtes waarin ons ons hele lewe, en al ons emosies, met die Here kan deel. Ek en jy kan ook die Psalms gebruik om ons lewens met die Here te deel. Kom ons gaan op ‘n kort reis om die Psalms as middel te gebruik, as terapie om ons lewens my God te belyn!

Inhoud

1. Die Psalms—agtergrond, kenmerke, temas, tipes Psalms

2. Verstaan—uitleg: rasionele en affektiewe benaderings

3. Terapie: Lees—leer om die Psalms met jou hart en siel te lees

4. Terapie: Skryf—leer om jou joernaal te gebruik om te verstaan wat jy lees

5. Terapie: Beleef—leer om jou in die Psalms in te leef, om dit te betree...

6. Terapie: Skep—leer om jou eie psalms te skep, te skryf, te teken of te doen

7. Temas—watter Psalms watter temas aanspreek


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.