Neem Leierskap


Neem Leierskap

Neem Leierskap is 'n kort maar deeglike inleiding by die tema van leierskap.

Neem kennis dat hierdie kursus nou gratis beskikbaar is. Skryf gerus aan ons om dit in 9 weeklikse dele te ontvang! Ons stuur dit ook graag aan sakeleiers en gemeenteleiers (leraars, kerkrade, kleingroepe, bedieninge) of enige-een in leierskap of bestuur - stuur gerus hierdie info aan of stuur 'n e-pos adres aan ons (sodat ons dit aan hulle kan voorstel). Ons gee dit vryelik uit as 'n bediening.

Soms het ons net goeie materiaal nodig om te gebruik vir die toerusting van ons gemeenteleiers: kleingroepleiers, bedieningsleiers, ens. Hierdie kursus is ideaal daarvoor - dit is spesifiek gemik op die gereelde byeenkomste van gemeenteleiers, op 'n leiers-wegbreek, ens. Neem Leierskap is egter nie sommer net basiese materiaal wat gebruik kan word as ons ons leiers toerus nie. Neem Leierskap is 'n goeie en relevante kursus:

  • Neem Leierskap is 'n kontemporêre kursus, wat gedistilleer is uit die beste van wat tans onder die tema aangebied word, maar met 'n post-moderne klem, omdat leierskap tans beweeg in die rigting van fasiliterende, egalitêre en transformerende leierskap. Selfs 'n basiese kursus moet reeds hierdie fondasies lê;
  • Neem Leierskap is 'n geestelike kursus. Dit gaan oor leierskap onder Christene en leierskap in die Christelike Kerk. Daarom verwys ons in ons kursus na die Woord en sluit ons af met die uitdaging om 'n geestelike leier te wees;
  • Neem Leierskap is 'n goed uitgewerkte program. Ons vloei is oor nege weke (of geleenthede) vanaf die persoonlike eienskappe wat leiers moet hê (Persoonlike Leierskap), na die vaardighede wat leierskap vereis (Interpersoonlike Leierskap) en eindig met die tema van Geestelike Leierskap.

Daarmee word AL DIE BASIESE KONSEPTE van leierskap goed behandel.

Belangrike nota:

Neem Leierskap is vir ALMAL. Vroeër is leierskap veral gesien as dit wat die "groot", "sterk" of "dinamiese" leiers doen. Die "gebore" leiers. Jy het dit of jy het dit nie... Deesdae word daar egter ingesien dat leierskap 'n funksie van alle menslike interaksie is. Mense oefen leierskap uit in alle omstandighede waarin hulle saam is, want hulle beïnvloed mekaar. So oefen 'n ma leierskap uit in haar eie huis en gesin, oefen 'n kind leierskap uit onder sy/haar maats, oefen 'n kollega leierskap uit by die werk, ens. Daarom kan almal baat om meer oor leierskap te leer - hoe vroeër hoe beter!

Kyk gerus deur die inhoud en eerste deel van Neem Leierskap hieronder.

NL0 - Voorblad

NL1 - Wat is leierskap?


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.