Leef deur die Gees


Leef deur die Gees

Leef deur die Gees

'n Lewe deur die Gees is 'n kind van God se gewone lewe, volgens Paulus in Rom 8. Dis hoe ons leef. Om die tema nuut en prakties aan te spreek het ons ons bestaande "Heilige Gees"-kursus radikaal oorgewerk en verander. Dit bevat nou slegs dit wat prakties, relevant en inspirerend is.

Ons eerste deel (Deel 1 - 10) bevat 'n kort, maar deeglike "profetiese kursus", waarin ons wil wys dat profesie nie 'n vreemde of moeilike saak is nie. As ons bloot aandag gee aan God se stem en dit wyslik oordra, is ons reeds besig met die profetiese. So eenvoudig begin dit. Paulus sê dat profesie die voorkeur-gawe is en ons wil dus die praktyk daarvan oordra. Laat die tema van profesie jou steeds huiwer? Dis onnodig! Ek verduidelik dit beter in hierdie video.

In die tweede deel (Deel 11-20) verduidelik ons wat 'n Geesvervulde lewe behels. Ons fokus ook spesifiek op ons gawes, en maak dit van toepassing op die individu - wat is JOU gawes, met ander woorde, JOU bediening? Wat is JOU roeping? Noem dit maar 'n "gawe-kursus".

Ek is BAIE opgewonde oor hierdie reeks!

Wat die styl betref, skryf ons minder maar kragtiger, en plaas die klem op uitvoerbaarheid en oefening. Die uitleg is skoon en mooi. Ons vul dit aan met enkele video's.

(Vir die wat gewonder het, kan ek byvoeg dat ek hierdie gawes ken en beoefen. Die kursus is dus praktyk, nie net teorie nie).

Laai gerus hierdie onderstaande dokument af (LG#0 Inhoud.pdf) om deur die inhoud en voorkoms te kyk - kliek op hierdie skakel:

LG#0 Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.