Veelkleurige Kleed


Veelkleurige Kleed

Welkom by die Veelkleurige Kleed van Gebed!

Is gebed vir jou 'n moeilike tema? Net vir die hoogs-geestelikes? Voel jy skuldig, oorbelas, as dit by gebed kom? Hoegenaamd nie tyd nie? Jy wil bid, maar weet nie hoe nie?

Dan is hierdie kursus net vir jou! Vergeet vir eers wat jy van gebed weet en begin nuut. Gebed is nie net een ding nie - gebed is baie dinge, 'n veelkleurige kleed! Gebed is nie moeilik nie, dis maklik - so natuurlik soos asemhaal. Gebed is nie 'n las nie en bring geen skuldgevoelens mee nie. Onthou, gebed "doen" niks vir die Here nie... dit verwerf ook nie vir jou krediete by Hom en maak Hom nie liewer vir jou nie. Insigself maak dit jou nie 'n beter of geesteliker mens nie. Gebed gaan alles oor jou voordeel, verryking en groei! Kom ons begin by die begin en vind die gebed wat jou soos 'n handskoen pas. Ons doel is dat jy gebed as 'n vars bries sal beleef.

Ons dek oor 'n jaar die volgende temas:

  • DEEL EEN - Inleidend: Wat is gebed? Wat is dit nie? Waarom noem ons dit 'n veelkleurige kleed?
  • DEEL TWEE - Individuele gebed: Mense verskil - daarom is niemand se gebedslewe soos iemand anders s'n nie! Ons sal presies bepaal hoe jy is, en hoe jy bid!
  • DEEL DRIE - Evangeliese gebed: Ons bespreek die elemente van ons tipiese protestantse en evangeliese gebedslewe, maar met die doel om dit te verryk en uit te bou met nuwe moontlikhede!
  • DEEL VIER - Liturgiese gebed: Dalk is jy die tipe wat na vaste gebede moet kyk. Moenie skrik nie - dit maak dit nie moeliker nie, dit maak dit makliker! Ons kyk ook na Jesus se vaste gebed vir ons: die Ons Vader.
  • DEEL VYF - Kontemplatiewe gebed: Nou sal ons dalk die grense skuif en jou heeltemal nuwe dinge leer. Wat is kontemplasie, meditasie, lectio divina, die examen van Ignatius, ikonografie? Wel, dis wonderlike maniere van bid!
  • DEEL SES - Gevolgtrekkings: Nou vat ons dinge saam en maak dit vas. Wat het ons geleer? Hoe het Jesus gebid? Hoe gaan ons in ons eie, unieke gebedsritmes ingroei?

Mag hierdie kursus jou finaal vrymaak van alle skuldgevoelens oor gebed-as-'n-sware-las en jou in die ruimtes inlei van 'n lewende verhouding met God!

Vir persoonlike groei, maar ook uitstekend vir die huis- of gebedsgroep!

Laai hier die eerste dele af:

VK0 - Voorblad en Inhoud

VK1 - Wat is Gebed?


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reƫls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.