Liturgie vir die lewe


Liturgie vir die lewe

'n Liturgie is 'n diensorde:

...die orde van gebed, die Woord, sang ens. van 'n erediens of 'n geestelike byeenkoms. Kan my dag ook 'n liturgie hê? Ja, verseker! Die Kerk het al sedert sy ontstaan gewerk met 'n dag wat in 'n vaste reëlmaat, 'n geestelike ritme verloop - 'n regula wat jou aan die Here herinner en jou help om gedurig te bid. Ek het die konsep van die antieke gebedstye geneem en vir my verpersoonlik. Persoonlik leef ek nou so, en ek beskou dit ook as een van die belangrikste skuiwe in my geestelike lewe. Dit is baie beslis 'n lewe nader aan die Here. Moenie dink dis moeilik of weird nie. Nee - dis maklik en dis normaal: "Bly in My, soos Ek in julle - dan sal julle veel vrug dra...", sê die Here. Heelwat mense het laat weet dat dit hulle lewens verander het - 'n artikel het ook daaroor in 'n nasionale vrouetydskrif verskyn. 'n Unieke kursus oor 11 weke! Kyk na die volgende temas wat ons sal bespreek:

Inhoud

  • Die Dissipline van Pouses - ons moet leer om pause te druk in ons dag...
  • Die Dissipline van Gedurige Gebed - "Bid gedurig", sê die Woord. Ons bring dit in verband met die eeue-oue gebruik van Die Ure.
  • Die sewe gebedstye van die dag - ons gaan vir sewe weke deur die sewe gebedstye en leer hoe om elkeen te benader. Ek het vyftig oordenkings geskryf om jou hiermee te help. Dit sal 'n nuwe, daaglikse geestelike roetine vir jou vaslê.
  • Die Dissipline van Sakramente - ons leer om die sakramentele in ons dag raak te sien, te stop en die Here daarvoor te eer. Daarvoor gaan knoop ons aan by die ou Joodse gebruik van seëninge.
  • Indekse - Ek gee drie indekse om nog waarde by die kursus te voeg en dit beter vas te maak.

Laai die eerste dele hier af:

LLV - Voorblad

LL1 - Pouses


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.