Psalm 23


Psalm 23

Psalm 23

Psalm 23 is die bekendste en mees geliefde psalm in die Bybel. En nie verniet nie! Dit bemoedig en inspireer met sy beelde van versorging en beskerming, van fees en van oorvloed. In hierdie reeks van 15 dele gaan ons deur hierdie mooiste psalm werk, frase vir frase. Ons vraag is: Wat beteken dit vir my dat God my Herder is? Ons volg die volgende benadering:

1) Ons lees 'n progressie raak in Psalm 23 van die lewe na die dood, en daarna na die ewige lewe. Dis 'n uitleg-keuse wat ons maak. Dis egter só bemoedigend en inspirerend!

2) Ons stel voor dat jy hierdie psalm memoriseer en sal jou daarmee help. Dit is kalmerend en geloofs-opbouend om dit te kan bid wanneer jy ook al wil!

3) Ons verskaf toepassings, hetsy vir die kleingroep of vir jou eie Skrifmeditasie. Die kursus is eintlik ideaal vir die kleingroep.

4) Saam met hierdie kursus ontvang jy ook Kleingroep-dinamiek, ons kursus vir kleingroepleiers - as jy wil! Jy kan dit self gebruik, maar ons wil jou vra om dit aan jou (of 'n) kleingroep-leier te stuur, of aan jou leraar. Dit is 'n deeglike inleiding in die jongste benaderings tot kleingroepe. Kliek hier vir meer oor Kleingroep-dinamiek.

Laai gerus die eerste kursusdele gratis af - hieronder:


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.