Forum 2.0

#12 Tafelberg uiteindelik

Ons het nou - wat ons skermprente betref - deur die Karoo getoer, die Bosveld, die Hoëveld en sal die res van die land ook nog doen - mens sukkel om groot, hoëresolusie prente te kry wat nie kopiereg op het nie (of nie so dat ek dit sommer sien nie).  Hier is ons nou weer in die Kaap en dis die eerste keer dat ons Tafelberg in sy glorie doen, bietjie van die kant af, moontlik van Milnerton af.  Dramatiese kleure, né?  Waar ons bly (in die Strand) is die strande al vol, veral oor naweke, verkeer is dik, maar dit jil en speel in die branders en gaan te kere. Daar is nou vreeslik baie roomysplekke op Kusweg.  Aan alle Transvalers sê ons: kom Kaap toe, julle is welkom, trek in - hier woon al drie Transvaalse gesinne in ons straat (ons is een), dis al te lekker as jy net eers gewoond geraak het dat niemand 'n saak het om jou in 'n winkel te bedien nie, of dat alle apteke saans vyfuur of half ses sluit.  O ja, die wind lol bietjie hier by ons, maar hei, soos die Strandenaars sê: die wind pla jou nie as jy binne is nie...

So lyk ons prent - pragtig!

Mooi, né?  Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.