Forum 2.0

#13 Sononder oor Melkbaai

Ek woon mos in die Strand en gaan stap baie middae hier langs die see af.  Dis sommer lekker om bietjie te beweeg, want ek sit te veel met al die skrywery. Dit maak die kop skoon. Soms waai die wind maar erg, maar wat - dit bly maar lekker.  Soms koop ek vir my 'n draairoomys by n'Ice hier in Kusweg - hulle "Small" is regtig "Large" en vir R16 nie te duur nie. Soms sit ek op 'n bankie en kyk, of skryf ek in my joernaal, hier oor Lent.  Dis heerlik!  As die see of die lug mooi is, neem ek 'n foto en share dit met my familie op What's App. Melbaai is die naam van die pragtige strand hier teenoor Kusweg - seker oor die heerlike fyn sand. Hierdie foto het ek geneem op 14 Junie laas jaar net voor ses-uur die aand. Pragtige kleure, né?

Mooi, né?  Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

Geniet dit - dit pryk reeds op al ons skerms!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –