Forum 2.0

#15 Kirstenbosch-blomme

Vir ons skerm-prente soek ek liefs 'n Suid-Afrikaanse tema (dis nie altyd moontlik nie), want ons het immers so 'n wonderlike natuurskoon.  Ek het hierdie mooi prent gekry uit Kirstenbosch Botaniese tuin, met sy bosse pers veldblomme, waarop ek toe ons tooisels gesit het.  Ek het nou ook sommer besluit om weer 'n bietjie Kirstenbosch toe te gaan - was as kind laas daar en is al oor die 50, kan jy glo - dis pragtig daar teen die berg aan, daar is die mooiste paadjies en mens kan ook 'n lekker piekniek maak!  As ek nie keer nie, dink ek sommer nou ook aan alles wat in daardie piekniekmandjie moet kom... :-)


Mooi né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Docs.  Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help!  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

Geniet dit - dit pryk reeds op al ons skerms!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.