Forum 2.0

#16 Geel herfs

Lank laas 'n skermprent gemaak, né?

Hierdie keer het ek nie eers gesoek vir Suid-Afrikaanse prente nie - toe ek hierdie geel, vroeë-môre herfstoneel sien, het ek dit net gegryp. Dis pragtig! Ek sien myself op 'n koue oggend op een van daardie bankies, warm koffie in die fles (kaastoebroodjies sal ook werk), terwyl ek kyk hoe die son die mis verdryf. Ek sal my Bybel daar hê en my joernaal - my idee van 'n heerlike oggend! Die prent is pragtig en pryk reeds op ons rekenaars:

Mooi né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Drive. Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –