Forum 2.0

#17 What breaks at daybreak?

Omdat die naam van ons bediening "Padlangs" is (ek sien egter nou geleidelik af van daardie naam vir ons oordenkings) soek ek dikwels mooi prente met 'n pad op. 'n PAD is 'n simbool vir ons reis deur die lewe en ons wil mos graag LANGS die PAD en "padlangs" geestelike versterking verskaf. Ek het al jare gelede hierdie pragtige prent ontdek: 'n teerpad in 'n heerlike yskoue, vroegoggend dagbreek in, in geel en blou. Ek sit dit dikwels by ons oordenkings - dalk het jy dit al op ons webruimte gesien (http://jimileroux.com/padlangs-info). Ek het juis iets gesoek in geel, omdat die logo vir ons dagstukkies mos aangepas is van 'n geel pad-teken (eers was dit net die padteken self):

Die agtergrond daarvan is soos volg: Trey Ratcliff, professionele fotograaf, het hierdie foto geneem op 5 Nov 2007 in Ysland. Hy skryf (op https://www.flickr.com/photos/stuckincustoms/2049233526) dat die sonsopkoms daardie tyd van die jaar stadig plaasvind oor die horison - soos 'n 5-ure sonsopkoms gevolg deur 'n 5-ure sonsondergang. Ek het sy pragtige foto geneem, aangepas vir twee groottes skerm en ons besonderhede bygevoeg, asook die mooi aanhaling deur Margaret Atwood. Die lisensie waaronder ons hierdie foto gebruik is hier. Die prent lyk nou so:

Mooi né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Drive. Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul - as dit nie reg lyk nie.

Geniet dit!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –