Forum 2.0

#18 Die blou en pienk bos

Ek het weer - vir die lente, mos - 'n skermprent gemaak en het hierdie PRAGTIGE blou en pienk bos gevind. DIt het my laat dink aan die woord in Jes 55:12 dat die bome hulle hande sal klap as die Israeliete bevry word. Hierdie bome klap omtrent hande in kleure - by wyse van spreke!

Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word;

die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek,

en al die bome van die veld in die hande klap. Jes 55:12 OAV 

Ek het net my goedjies bygevoeg, dit dien mos ook as advertensie, en daar's hy! Kyk hoe mooi:

Mooi né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op een van die skakels hierbo en DOWNLOAD dit daar van Google Drive. Dan dubbelkliek jy net op die foto wat jy afgelaai of gestoor het, laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik al wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul - as dit nie reg lyk nie.

Geniet dit!

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –