Forum 2.0

#20 Melkbaai winter

Tyd vir 'n nuwe skermprent!

Ek het hierdie foto op die 2de Junie geneem op Melkbaai, waar ek meeste middae gaan stap. Dit was bewolk en die strand was leeg - 'n regte wintertoneel. Ek het dit na twee geskikte groottes toe verander, Maretha Maartens se winter-waarheid daarop aangebring asook ons besonderhede - ons dagstukkies word nou geleidelik as DAAGLIKSE STILTE bekend gestel.

Ek dink dis pragtig en dit pryk reeds op my rekenaars en foon! Dit lyk so:

 

Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy daarop - op die naam daarvan né, daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie.

Geniet dit!

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –