21 Inspuitings Dag #1

21 INSPUITINGS VIR JOU GELOOF

Nasionale Inperking Dag #1 – Vrydag 27 Maart 2020

Moenie vrees nie

En Jesus sê vir hulle: “Moenie vrees nie.” (Mat. 28:10a OAV)

Binne drie maande het ‘n vreemde griep uit die verre China die hele wêreld se werklikheid geword. Die stappe wat die regering doen om dit te bekamp is ongekend. Byeenkomste is opgehef, grense is gesluit, die weermag is ontplooi. Van vandag af word die hele land tot hulle huise beperk. Niemand van ons het al ooit so iets beleef nie! Ons voel oorweldig, onseker, vreesagtig. Dis te verstane. Ons weet immers nie wat die effek van COVID19 op ons gesondheid, inkomste, gesinne of land sal wees nie.

Wanneer God in die Bybel aan mense verskyn het, was sy eerste woorde gewoonlik: “Moenie vrees nie!” Onthou, God se hart is die van ‘n Vader. As ‘n pa besef dat sy kinders beangs voel, is dit vir Hom belangrik om hulle gerus te stel: “Moenie bang wees nie. Alles is reg.” Dis wat jou Vader vandag ook vir jou sê! Onthou, jy is net so veilig in sy hand soos altyd. Hý bepaal jou toekoms, nie ‘n virus of ‘n siekte nie!  Bring jou hart dus tot bedaring. Word stil. Bid eerder meer. Gebruik hierdie tyd om te groei en te leer. Daar is so baie lesse! Dít is die doel van hierdie kort reeks.

Almagtige Here, ek vertrou U in alle omstandighede. Ek sal NIE vrees nie! Amen.

4215827879?profile=RESIZE_180x180

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –