Forum 2.0

#22 Herfs-wandel

Tyd vir 'n nuwe skermprent. Ek het gehou van hierdie mooi herfsprent (alhoewel dit op die oomblik nog maar LEKKER somer is), want dit sal gedurende die komende herfs op ons rekenaars vertoon. Kyk hoe vol lig is die foto - die sonlig laat die blare sommer deurskynend lyk. Die mistigheid sal spoedig wyk. Ek sou op 'n vars oggend daar wou stap! Dit pryk reeds op my rekenaar, tablet en selfoon. Die prent lyk soos hieronder:

Mooi, né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).

Geniet dit!!

 

 

Beautiful Road LANK Fin

Beautiful Road STAND Fin.jpg

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –