#23 Turkoois is steeds so IN

Hallo daar! Toe ek by hierdie prent kom móés ek dit net gebruik. Kyk, toe ek jonk was, was primêre kleure nog in (dink maar aan die rooi, blou en geel Citi-Golfies wat jy gekry het), asook ander, maar hier in die hoërskool raak dit toe "postmoderne kleure" - jy weet, pers, turkoois, ligblou, oranje en pink saam. Dis kleure wat ons NOOIT sou saamsit nie! In elk geval, ons doen steeds daardie ding, maar dit het nou verbeter. Kleure is nou dieper en kleurvoller. Dit helderder: lemmetjiegroen, diep turkoois, salm, pienk, ligblou (babakleure is terug, maar donkerder), duck-egg blou (sommige dink dis groen) - sulke dinge, baie mooi! Ja, ek hou van kleure... In elk geval, hierdie dandelions (ek sien dis "paardeblomme", wat so 'n bolletjie sade maak wat jy sommer so kan wegblaas), is in dié soort kleure. Ek het eenvoudig ons logo en goete bygesit, vir 'n nuwe skermprent. Dis regtig een van ons mooistes:

3352332110?profile=RESIZE_710x

Mooi, né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).

Geniet dit!!

 

 

Dandelion-STAND-Fin.jpg

Dandelion-LANK-Fin.jpg

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –