#26 Nog kersiebloeisels

Ek maak mos vir ons van tyd tot tyd 'n mooi "skermprent" - 'n rekenaar wallpaper. Dis sommer 'n bietjie advertenise ook vir ons. Hier is weer 'n mooie. Dis weer kersiebloeisels, waarvan die linkerkant uit fokus is sodat jou skerm se icons daar kan kom, né. Sommige mense se skerm is propvol icons wat hulle nooit sal gebruik nie, maar my rekenaarskerm het net die nodigste icons - meestal folders. Ek hou nie van klotter nie. In elk geval, ons skermprent lyk so: 

7447242255?profile=RESIZE_710x

Dis mooi, né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantige) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo (of hieronder), laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).

Geniet dit!

Cherry Blossom STANDAARD.jpg

Cherry Blossom LANG.jpg 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –