Forum 2.0

2889 Geloof: hoof, hart en hand

Ons nuwe boek, HOU VAS AAN DIE HOOP, is 'n wonderlike kersgeskenk. Dit bevat ons gewilde reeks oordenkings uit die Psalms, pragtig gedruk en uitgegee deur CUM-boeke. Beskikbaar by alle CUM boekwinkels of ook aanlyn.

As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Joh 15:10 NAV

Geloof is baie dinge, het ons gesê. Dis in ons hoof, maar dis ook in ons hart. Dis belangrik dat ons verstand sal verstaan wat ons glo, want ons glo nie sommer enige ding, enige geloof nie. Nee, ons glo wat die Bybel vir ons leer: oor God, Christus, verlossing en vele meer. Ons verstand is dus wel betrokke. As geloof egter nét in die kop vassteek – byvoorbeeld as alles net oor dogmas gaan – is dit nog nie ware geloof nie. Geloof moet ook persoonlik raak: dit moet my eie waarheid, my persoonlike geloof word! My eie hart moet na God toe draai en na Hom toe groei. Geloof word ‘n verhouding, het ons gesê, anders is dit nie ware geloof nie. Maar daar’s nog meer! Geloof moet ook ‘n praktyk word. Geloof is gehoorsaamheid, dis iets wat ons hande doen. Ons kan nie sê ons glo, maar ons leef soos ongelowiges nie. Watter geloof is dit? Nee, ware geloof is uiteindelik om die wil van God te DOEN.

Here, help my om nie net met die verstand te glo nie, maar veral met die hart. Help my ook dat my geloof my leefwyse word! Amen.

Lééf jou geloof!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –