Forum 2.0

3264 Jy het alles

‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Psalm 23:1 OAV

Hier kom ons nou by die mooiste en bekendste psalm!  Heeltemal feitelik en reguit spel Dawid vir ons die gevolge uit as die Here ons herder is: NIKS sal my ontbreek nie! Die nuwe vertaling lui: ek kom NIKS kort nie.  Dit is ‘n geweldige kragtige stelling en een van die sleutels van geloof, wat die geestelike lewe oopsluit. Aanvaar dit  gerus as die absolute waarheid.  Die Here gee elke dag vir jou alles wat jy nodig het.  Die Here gee elke dag vir jou genoeg.  Met God teenwoordig in ‘n situasie het jy alles wat nodig is om daardie situasie te hanteer.  VANDAG het jy genoeg om vandag se dinge te hanteer.  God is vir jou genoeg vir vandag.  Môre sal weer vir homself sorg. As ons in geloof kan aanvaar dat God werklik ‘n Goeie Herder is, wat vandag vir ons werklik genoeg gegee het – ja, als wat nodig is – kan ons vrede beleef.  Dit is wat dit beteken om in oorgawe aan God te leef. 

Goeie Herder, ek vertrou U.  U sal vir my alles wees wat ek werklik nodig het. Amen.

LEES: Psalm 23, asook  Luk 12:29-31

DOEN: Begin om hierdie psalm te memoriseer – die Ou Vertaling is vir my die mooiste! Skryf Niks sal my ontbreek nie in jou joernaal en herhaal dit hardop as jy in jou situasies wonder of jy genoeg bronne – innerlik of uiterlik – het.

 

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Gratis inskrywing op PADLANGS se Hooflys en meer info is beskikbaar op ons webruimte.

© 2016 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –

Replies

  • Jou daaglikse boodskappe is soos water in 'n woestyn....ware verkwikking. Dankie daarvoor. Baie seën en guns vir jou
    • Dankie Petro! Waardeer jou mooi woorde...
This reply was deleted.