Forum 2.0

Alle huwelike kan baat by verryking! Ons relevante en praktiese kursus, HUWELIKSREIS, werk deur die pilare vir 'n gesonde huwelik, die redes waarom ons so verskil en die maniere waarop ons mekaar weer kan vind. Kyk gerus na meer besonderhede: kliek hier.

Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom 12:4-5 NAV

Feitlik elke beeld van die kerk in die Nuwe Testament is die beeld van ‘n gemeenskap. Die kerk is OF die LIGGAAM van Christus met sy verskillende ledemate (soos in ons vers), OF dis die VOLK van God, die “Israel van God”, met sy burgers, OF dis ‘n KUDDE met sy skape, OF dis die TEMPEL van God met sy stene. Sien jy dat ons elkeen ‘n deel vorm van ‘n groter geheel, dat ek en jy nodig is om die groter geheel moontlik te maak? Jesus is nie net met my en jou in verhouding nie – Hy is ook in verhouding met sy KERK, soos die hoof in verhouding staan tot die liggaam. Moenie dink dat jy die groter geheel – die KERK – kan vryspring nie. O nee, jy is reeds ‘n onderdeel van die geheel! Jy MAAK die kerk! Wees nou die ledemaat wat jy moet wees, die burger, die skapie, die “lewende steen”, soos die Skrif sê. WEES die kerk!

Here, ek wil alles wees wat ek kan wees in u kerk. Leer my om die plek vol te staan wat U vir my beplan het! Amen.

Wees intensioneel kerk van Jesus!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30