Forum 2.0

Hierdie reeks oordenkings is gebaseer op GEESTELIKE VORMING, ons "basiese kursus", waarin ons deur al die fondasies van 'n verhouding met God beweeg. Stel jy belang? Vir volle besonderhede: kliek hier.

Laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Heb 10:22 NAV

Die lewe van ‘n Jesus-volgeling is ‘n lewe van offer. Dit klink dalk erg, maar sien dit so: ons het mos reeds ons hele lewe en al ons bronne – tyd, geld en krag – aan die Here oorgegee. As ons dan nou iets daarvan prakties moet “opoffer”, bevestig dit bloot dat Hy dit alles besit! Neem byvoorbeeld ‘n offer van ons tyd. Wanneer ons stiltetyd hou – daagliks of hoe ook al – bevestig ons daarmee dat die HELE dag SYNE is, dat ons onder SY instruksie leef. As ons nooit “tyd het” om met Hom deur te bring nie, lyk dit asof ons glo dat ons tyd ons eie is! Kom ons wees nou reguit: dis waar dat die Skrif nie vir ons voorskrifte oor ‘n stiltetyd gee nie. Doen dit soos jy kan. Dis egter net so waar dat ons tog IEWERS tyd vir Hom moet vind! Dis tog reeds sy tyd! Bring eenvoudig die offer – daardie tien of vyftien minute sal jou die hele dag deur seën!

Hemelse Vader – ek HET tyd vir U, want al my tyd behoort aan U. Help my net om dit prakties in my dag of week in te werk! Amen.

Maak tyd vir God – daagliks!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –