Forum 2.0

3707 Woorde en die werklikheid

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.  Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee… Mat 16:18-19a NAV

“Petrus” – wat rots beteken – was Jesus se naam vir hom. Vroeër was hy bekend as Simon. Nogtans het Petrus sy nuwe naam aangegryp en ‘n “regte Petrus” geword – sterk en moedig, ‘n ware leier. Ja, op die manier het Jesus hom ‘n hele nuwe identiteit gegee! Dis wat woorde kan doen, want woorde het krag. Woorde word inderdaad gebruik om ons wêreld te indentifiseer, te definieer. Ons sê hoe dit is – en dan is dit so – ten minste vir ons! God het reeds aan Adam die opdrag gegee om sy werklikheid te benoem en so daaroor te heers. Soos hy dit genoem het, so was dit dan. Laat ons meer intensioneel met ons woorde omgaan. Laat ons woorde van geloof en lig en lof spreek, sodat ons wêreld hoopvol en mooi kan wees. Laat ons ook ander se wêreld vir hulle definieer as goed, sinvol, die moeite werd. Sulke woorde verander mense en verander hulle werklikheid! Kom ons heers meer in ons wêreld – deur ons woorde.

Vader, help my om met meer beheer te praat, om meer met my woorde op te bou en te bemoedig. My woorde moet U eer en ander seën! Amen.

Benoem jou wêreld volgens God se terme!

 

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –