Forum 2.0

3709 Woorde en die Woord

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Mat 4:3-4 NAV 

Ons woorde het groot krag, het ons gesê. Dit breek of bou. Dit definieer ons werklikheid. Woorde is veral kragtig as dit met God se Woord ooreenkom, want SY Woord is lewend en kragtig en skerp! Kyk hier hoe Jesus telkens die Versoeker oorwin deur net die Woord van God aan te haal. Dit werk, want die Woord sê wat God sê en HY is die finale gesag! Ons kan die krag van God se Woord ook in ons eie woorde inbring as ons leer om die Woord te bely. Dit beteken nie dat ons heeltyd in Bybelverse praat of tekste kwoteer nie (alhoewel dit nuttig en belangrik is om die Skrif te memoriseer) – dit beteken dat ons die Woord sal ken en ons eie woorde daarmee in lyn sal bring. As ons dan twyfel of aangeval voel of as ons uitdagings moet hanteer, sal die waarheid van die Woord geredelik beskikbaar wees: om te bid, te sê, te skryf, te sing, te bevestig. So sal jy ook oorwin!

Here, ek wil U Woord ken en toepas en vertrou en bely. Help my om ‘n lewe te leef wat met u Woord ooreenkom! Amen.

Laat jou woorde sê wat die Woord sê!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –