Forum 2.0

3722 Jy IS ‘n gawe – nes jy is!

Seën ons daaglikse oordenkings jou? Stuur dit gerus aan 'n vriend! Ontvang jy hierdie oordenkings van iemand anders? Skryf dan self in! Ons oordenkings is gratis by hierdie skakel: http://www.jimileroux.com/padlangs-info

Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ Mat 25:21 NAV

Jy het by die Here sekere vermoëns, kragte of talente gekry. Dink aan die volgende:

  • Jy het ‘n sekere persoonlikheid: jy’s dalk goed met mense of om take af te handel. Jy’s dalk baie geduldig of baie gefokus!
  • Jy het ‘n sekere opleiding: jy kan met rekenaars werk, jy het ervaring in bemarking of bestuur, jy het ‘n kwalifikasie in opleiding of politiek.
  • Jy het sekere vaardighede: jy kan ‘n musiekinstrument speel, sweis, ‘n sport doen, koek bak!
  • Jy het sekere aanlegte: vir musiek of kuns, grafiese ontwerp, vir dans of gimnastiek, vir organiseer, leierskap of om dinge te verduidelik!

Die Here kan dit alles gebruik! Onthou, van God se kant beskou Hy jou vermoëns as dit wat HY vir jou gegee het – en as dit wat jy weer vir Hom moet terug gee.

Vader, dankie vir wie en wat ek is – ‘n unieke individu! U het my gemaak wat ek is en DIT is wat ek aan U wil teruggee! Amen.

Verklaar jou bereid om aan God terug te gee!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –