Forum 2.0

3752 Dit IS ‘n geestelike saak

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” Gen 1:26 NAV

Die mens se heerskappy oor die aarde rig tans ernstige skade aan. Die impak van ons lewenswyse is weliswaar vroeër nie so besef nie, maar nou besef ons dit! Baie is egter verbaas as mens hierdie tema – die bewaring van die natuur – ‘n geestelike een maak. Is dit werklik deel van ons dissipelskap? Ja, beslis! Dis inderdaad ‘n geestelike saak. Onthou, God het ‘n opdrag gegee en ons gehoorsaam nie! Ons moet as SY verteenwoordigers op die aarde optree, maar ons doen nie! Sonde – waarteen ons op elke terrein verg – is die oorsaak van die probleem. Hoe kan dit nié geestelik wees nie? Nee, kinders van die Here leef met ander waardes, koninkrykswaardes – nie wêreldse waardes nie. Ons kan nie uit selfsug, hebsug en magsug dinge om ons afbreek nie. DIT is nie dissipelskap nie! Ons bou op, ons maak heel, ons bring lewe – DIT is soos God is! Ons gee om vir die aarde, want God gee om vir die aarde.

Hemelvader, help my om werklik as U verteenwoordiger op aarde op te tree – om te doen wat U sou doen. Amen.

Praat met God oor jou verhouding tot die aarde!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –