Forum 2.0

3753 Ons kan afskaal

Alle huwelike kan baat by inset! Ons relevante en praktiese program, HUWELIKSREIS, leer jou die pilare van 'n gesonde verhouding, waarom julle so verskil en hoe om dit te oorkom. Vir meer inligting kliek hier.

Die hemel is net vir die Here, maar die aarde het Hy aan die mense gegee. Nie die dooies prys die Here nie, nie dié wat die graf in is nie, maar óns, ons prys die Here, nou en vir altyd! Prys die Here! Psalm 115:16-18 NAV

Ons sien die bewaring van die aarde as ‘n geestelike saak, want dis sonde wat agter die huidige misbruik en vernielsug lê. Wat kan ons daaraan doen? Wel, ons kan (en moet) mense na die Here lei – maar ook die kinders van die Here moet nog oortuig word van hierdie saak! Intussen is daar sekere praktiese dinge wat almal kan doen. Die eerste is om net af te skaal op die geweldige verbruik. Ons móét eenvoudig minder krag, water en brandstof gebruik. Huidige bronne is beperk en tog wil nog miljoene mense tot die ekonomie toetree. Ons moet ook ons denke verander oor wat ons werklik nodig het: ons KAN klaarkom sonder plastieksakke wat die wêreld vol lê, druppende tuine in ‘n droë land, spierwit gebleikte tikpapier en gebottelde water, wat meer water gebruik om te maak as wat dit kan hou. Ons moet terugkeer na ‘n eenvoudiger en volhoubare lewensstyl. Waarom word ons lewenstyl gerig deur die wêreld? Waarom nie deur geestelike oorwegings nie?

Hemelse Vader, help my om terug te keer na ‘n eenvoudige lewenstyl. Ek leef nie vir die wêreld nie – ek leef vir U! Amen.

Skaal jou verbruik af – leef met minder!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 PADLANGS MET JIMI LE ROUX (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –