Forum 2.0

3764 Wie sê U is ek?

Werk op 'n maklike manier deur die Bybel! Ons kursus, DEUR DIE WOORD, werk in 45 kort en kleurvolle weeklikse dele deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring. Verstaan die Bybel beter - kry die groot prent! Om meer te lees en die eerste dele af te laai, kliek hier.

Jy is 'n leeu, my seun Juda, wat van die prooi af wegstap. Jy rek jou uit, jy gaan lê rustig soos 'n leeu, soos 'n leeumannetjie wat deur niemand opgejaag word nie. Gén 49:9 NAV

As Jakob sy kinders seën, gee hy dikwels vir hulle ‘n betekenisvolle beeld saam: Juda is ‘n leeu, Naftali ‘n takbok, Josef ‘n boom wat vrugte dra, ensovoorts. Dit druk hulle identiteit uit as ‘n kragtige simbool, waarmee hulle kan identifiseer. Soos wat jy jou eie identiteit in die Here vind: as ‘n geliefde, ‘n kind, ‘n volgeling – met alles wat dit behels – kan jy die Here ook vra vir iets baie persoonlik. Die volgende oefening word dikwels in die geestelike begeleiding gedoen. Word stil in God se teenwoordigheid. Bid eers om leiding en vra dan die volgende vraag duidelik: “Ek is soos...?” Laat die sin halfpad hang. Wag dat die Heilige Gees vir jou ‘n beeld na vore bring waarmee jy kan identifiseer. ‘n Boom, ‘n stroom, ‘n ster is voorbeelde van wat mense beleef. Wees rustig daarmee, moet niks forseer nie. As jy iets beleef waarop jy kan “ja” sê, wat vir jou insig en vrede bring, wees dankbaar. So nie – maak dit nie saak nie!

Heilige Gees, vorm by my ook ‘n intens persoonlike besef van my identiteit en roeping as kind van God en volgeling van Jesus. Amen.

Verstaan jou identiteit baie persoonlik!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –