Forum 2.0

3797 Vals self, vals lewe


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte. Spr 21:2 OAV

Soos ons in die wêreld opgroei, word ons meer en meer ‘n unieke mens – ons “individueer”. Hierdie normale en gesonde proses word egter deur die sonde beïnvloed. Omdat ons moet oorleef, word ons wat die wêreld wil hê ons moet wees – nie altyd wat God wil hê nie! Ons word selfgesentreerd en hard, ongenaakbaar, ons begin voorgee en maskers dra – en ons glo ons is ons maskers! Op die manier ontwikkel ons ‘n “vals self”.  As ons geestelik wil groei, moet ons leer om die vals self in ons lewe te identifiseer. Let op: alles wat selfsugtig en egosentries is in jou lewe, alle voorgee en kunsmatigheid, alle hardheid en liefdeloosheid is nie jou ware self nie. Dis nie hoe God jou gemaak het nie! Let ook op jou ekkigheid, jou pogings tot beheer, mag en aandag en alle ontkenning, verwringing of ontvlugting van die werklikheid. Al hierdie dinge is jou vals self! Om dit bloot raak te sien in jou lewe is die eerste tree van jou groei.

Here, help my om eerlik na myself te kyk en alles raak te sien wat U nié gemaak het nie – alles wat vals is! Amen.

Herken jou vals self!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –