Forum 2.0

3803 Sonde en sondes


Ons huidige reeks oordenkings is gebaseer op ons "basiese kursus", GEESTELIKE VORMING. Dit behels 'n deeglike verkenning van wat dissipelskap van Jesus vandag behels. Om na die volle inhoud te kyk - asook gratis dele te ontvang - kliek hier.

Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Gal 5:19-21a NAV 

Ons moet onderskei tussen SONDE en SONDES. Sonde is ons natuur, ons neiging om sonder God te leef, om Hom te ignoreer. Vanuit ons SONDE, ons verkeerde en sondige natuur, vloei daar allerhande verkeerde en sondige praktyke, waarvan Paulus ‘n aantal noem. Dit is ons SONDES. Let wel dat ons die sonde-probleem nie net kan aanspreek op die vlak van gedrag nie. Ons kan nie net vir iemand sê om op te hou sonde dóén nie – alhoewel ons dit óók sê. Ons doen sonde omdat ons sondig is – ‘n suurlemoenboom dra suurlemoene! Ons kan in eie krag dus net tot op ‘n punt gehoorsaam wees. Eintlik moet die hart aangespreek word, die hele sondige motief. As ons hart verander word, sal die dade self regkom – ‘n goeie boom sal goeie vrugte dra, sê die Here. Daarom is ons eerste taak om ons verhouding met God te herstel, om op te staan – soos die Verlore Seun – en terug te keer na Hom toe, na Pa toe, huis toe!

Dankie Vader, dat U my terugverwelkom, met my sonde en al. Help my met my sonde! Amen.

Neem jou sonde na God toe!

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Stuur PADLANGS gerus aan, maar moenie spam nie.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2018 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –